Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / ‘n Enkelsnit met Ierse klank vir DECA!

‘n Enkelsnit met Ierse klank vir DECA!

Die musikale groep, DECA, het lank nie meer enige bekendstelling nodig nie.  Hulle dagboeke is propvol optredes wat hulle regoor die land neem, beide is passievol oor musiek en hulle verras gereeld met nuwe musikale meesterstukke.

Sedert hul debuutalbum, Black Sails,  eksperimenteer DECA reeds met ’n wye verskeidenheid klanke en style – van pop tot folk. Dis egter die Ierse aanslag wat hul die naaste aan die hart lê. Die nuutse enkelsnit vanaf hul tweede album, II, verken hierdie genre verder. St. Paddy’s Jig is ’n vars kombinasie van viool, kitaar, en ’n nuwe toevoeging tot die DECA-klank – die mandolien. “Waar ons ook al optree kan ons onmiddellik ’n verskil in die energie van die gehoor bespeur wanneer ons ’n Ierse snit speel”,  vertel Douw en Herman. Die manne glo dat Ierse musiek ’n sekere kwaliteit het wat die gees lig en onwillekeurig die voete laat jeuk. St. Paddy’s Jig, ’n oorspronklike DECA-komposisie, is geen uitsondering nie.

Die duo, wat in 2014 ontmoet het, bestaan uit ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as sewe-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Douw is ook een van die mede-eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is saam met William de Bruin. DECA is gebore uit hulle gereelde saamspeelsessies en unieke folk-aanslag, wat baie goed deur gehore ontvang is. Die groep het ook reeds die verhoog met bekende kunstenaars gedeel en by verskeie funksies, bekendstellings en feeste, wat Aardklop insluit, opgetree.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter:           @decaband

Instagram:      @decabandsa

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

Hou vas jou hart!  2ndLife het pas ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, WIE EK IS, …

David Fourie se liedjie “Jy soen soos ’n engel” in Nederlands

Wat dink jy van Jaimy se weergawe van David Fourie se liedjie? Deel jou kommentaar …