Saturday , January 23 2021
Cheap domain registration and hosting!

Mwah soek vir moeilikheid!

Die meisies van Mwah het ‘n sosiale media veldtog gehardloop waar hulle soek vir moeilikheid en dit het ons almal laat wonder. Ons verstaan nou egter en is baie opgewonde oor hulle nuwe enkelsnit Moeilikheid. Die duo is bekend vir lekker dans musiek soos Sandra Prinsloo, Nuwe Begin en Magneties en met Moeilikheid het hulle dit weer gedoen.
“Dit is ‘n tipiese goed-voel lekker luister liedjie” vertel Loriska, en sy is heeltemal reg. Tydens lockdown is dit presies wat ons almal nou nodig het, ‘n lekker goed-voel liedjie. Die lirieke “maar ons lê rond soos vrot velle, wat van ‘n braai  saam ‘n paar pelle” is al iets wat ons almal gedink het tydens die lockdown en ‘n braai saam ‘n paar pelle is iets wat ons definitief gaan doen na die lockdown, want as ons dit nou doen soek ons vir Moeilikheid. So daar is definitief bietjie waarhede in die liedjie vir die situasie waarin ons almal onsself nou bevind, maar dit is ook ‘n liedjie wat jou heupe sal laat wil dans. “Ons hoop almal geniet die liedjie en moet eerder nie vir moeilikheid soek tydens die lockdown nie. Ons sien julle na die tyd vir moeilikhied” vertel Fran-zel met ‘n glimlag.

Mwah het ook ‘n #moeilikheidchallenge begin op sosiale media, so as jy meer wil weet gaan besoek gerus hulle Facebook-blad: @mwahgirls.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Water onder Andriëtte se brug!

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars …