Saturday , May 15 2021

Mooirivier fliek staan sterk!

MOOIRIVIER, wat op 6 Februarie vanjaar vrygestel is, betree hierdie naweek die film se vierde naweek wat dit te sien is in teaters landwyd, ten spyte van vele terugslae deur beurtkrag en die opening van die Hollywoodreus, 50 Shades of Grey.

Gedurende openingsnaweek het MOOIRIVIER R1.3 miljoen gegenereer by die loket. Dit stel MOOIRIVIER kort op die hakke van Leading Lady, wat in openingsnaweek in 2014 R1.368 miljoen gegenereer het. Tydens die tweede naweek in teaters, het MOORIVIER dit reggekry om die R1.2 miljoen kerf te oorsteek.White_Poster_Logo_Red

MOOIRIVIER moes ook met openingsnaweek en daarna kompeteer met die gevolge van beurtkrag deur Eskom. Eskom het daardie naweek, asook groot dele van die week daarna, somtyds twee keer per dag, Fase 2 en Fase 3 beurtkrag geimplementeer. Kaapland Films, die film se produksiehuis, het talle boodskappe ontvang van teleurgestelde MOOIRIVIER aanhangers. Die krag het afgegaan in die middel van vertonings, of die krag was af juis toe aanhangers die film wou gaan kyk. Beurtkrag het ook besprekings beinvloed; aangesien minimale teaters en sentrums oor kragopwekkers beskik, was die teaters dikwels van lyn af wanneer beurtkrag geimplementeer was, en dus kon teatergangers ook nie bespreek vir wanneer hulle moontlik MOOIRIVIER wou gaan kyk het nie.

“Die groot probleem is dan dat baie mense vir ons sê hulle wag dan maar eerder vir die film om op DVD uit te kom as wat hulle die moeite gaan doen om na ’n teater te gaan en hulle weet nie of daar krag gaan wees nie.” sê Tim Theron van Kaapland Films / vervaardiger van MOOIRIVIER.

In MOOIRIVIER se tweede naweek, is Potchefstroom byvoorbeeld die Saterdag en Sondag getref deur beurtkrag vanaf vroegmiddag tot laataand. Dit is MOOIRIVIER se suksesvolste teater (en ook waar die film geskiet is), en mense kon basies glad nie gaan kyk het daardie naweek nie.

Tydens MOOIRIVIER se tweede naweek het die 50 Shades of Grey fenomeen ook Suid-Afrika getref. Voornemende MOOIRIVIER kykers het laat weet dat daar wel ook teaters was wat op Valentynsdag slegs 50 Shades of Grey vertoon het en MOOIRIVIER geheel en al van die skerms afgehaal het. Maar ten spyte van beurtkrag en 50 Shades of Grey, het MOOIRIVIER tydens die film se tweede openingsnaweek danksy ondersteuning van aanhangers, dit weereens reggekry om die R1.2 miljoen kerf te oorsteek en staan steeds sterk as voorstander van die Afrikaanse film bedryf.

“Die feit van die saak is dat dit nogsteeds ’n massiewe uitdaging is vir enige Suid Afrikaanse film, en dan natuurlik Afrikaanse films, om suksesvol te wees by die loket in SA. Sonder die hulp van KykNET, en ook die DTI, sou ons dit amper nie eens kon aanpak nie. Dis hoekom almal so opgewonde raak wanneer films soos Semi-Soet, Klein Karoo, Faan se Trein, Pad na jou Hart, Leading Lady en nou Mooirivier wel goed doen, want dit wys ‘we can beat the odds’!

“En dit maak dit dan amper nog lekkerder wanneer die mense daarbuite, ten spyte van iets soos beurtkrag, ten spyte van die ‘blockbusters’, ons films ondersteun! Meer as 100 000 mense het nou al Mooirivier gaan kyk, ons sien nou nog gereeld teaters wat uitverkoop is, en die terugvoer is fantasties, en ontsaglik positief. Die Afrikaanse gehoor is nie ’n groep wat skaam is om te sê as hulle nie van iets hou nie, maar hulle is ook net so vinnig om te sê as hulle mal was oor iets, en dis wat ons hoor oor Mooirivier!

“Nou het ons net nodig dat mense sal aanhou om na die teaters te stroom – hoe meer hulle die film ondersteun, hoe langer sal dit wys, en hoe groter is die kans dat ons die negatiewe effek van iets soos beurtkrag kan teenwerk. Moenie wag nie, gaan kyk hierdie naweek! Mooirivier is ook definitief ’n film vir die grootskerm, so gaan geniet dit in volle glorie! Hoe meer suksesvole Suid Afrikaanse films ons kan vervaardig, hoe beter word ons, hoe groter is die projekte wat ons kan aanpak, en hoe sterker kan ons industrie word!” sê Tim Theron.

Cobus van den Berg van Kaapland Films, het bygevoeg: “Ten spyte van al hierdie elemente veg ons steeds voort om die Afrikaanse filmbedryf op te bou na wêreldstandaarde – Suid-Afrika en Afrikaans veral het geen rede om terug te staan nie. Ons bedank die Afrikaanse gehoor se groot ondersteuning van MOOIRIVIER sover, en hoop almal wat nog nie die film gesien het nie, sal wel hierdie komende naweek dit gaan sien en deel in ons trots en saam veg vir die Afrikaanse film industrie.”

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

7 wen Beiteltjies-toekenning

Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is gisteraand, 30 November 2020, deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die …

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.