Sunday , January 17 2021
Cheap domain registration and hosting!

Mooirivier fliek open 6 Februarie 2015!

Maak die gordels styf vas vir die mees opwindende en grootste Afrikaanse film nog! “Mooirivier” word in Februarie 2015 vrygestel en beloof om ‘n stormloop na teaters in Suid-Afrika te ontketen. Hierdie verhaal van liefde word aan jou gebring deur Cobus van den Berg, Tim Theron en Jorrie van der Walt, vervaardigers van Klein Karoo. Die film spog met ‘n sterbelaaide rolverdeling: Tim Theron, Anel Alexander, Hykie Berg, Milan Murray, Nadia Beukes, Heinz Winkler, Bouwer Bosch, Leandie du Randt, Danie Putter, Bennie Fourie, Francois Viviers, Elmie Brits en andere.

Die kykerspubliek kan ook uitsien na oorspronklike musiek wat spesifiek vir die film geskryf is en deur hul gunsteling kunstenaars gesing word.

Mooirivier is ‘n alles-in-een romantiese ensemble-film met vyf individuele, vervlegde storielyne wat tydens die oploop na Paasfees in Suid-Afrika ontvou. Die groter storielyn gaan oor 6 paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – wat elkeen op hul eie, unieke ontdekkingsreis na ware liefde is. Moet egter nie die tipiese feëverhaalweergawe verwag nie, want hierdie film vat jou op reis na die (soms komiese en soms hartseer) realiteit van dít wat regtig nodig is om liefde te laat oorwin.

Deur die loop van die film word elke karakter se verhaal vertel vanuit die hoek van hul eie, unieke ontdekkingsreis na liefde wanneer jy dit die minste verwag. Hulle leer ook in die proses dat liefde meestal baie anders lyk as jou eie vooropgestelde idees en verwagtings daaroor. Op spesifieke tye in die jaar, soos spesifiek tydens Paasfees, word ons opnuut herinner dat liefde (mits jy bereid is om daarvoor te veg deur al die uitdagings en struikelblokke heen) uiteindelik wen!223

Mooirivier speel af, en is ook verfilm, in Potchefstroom. Die vervaardigers is dit eens dat dit ‘n fees was om die film daar te skiet en was uiters beïndruk deur die inwoners, burgemeester, stadsraad en plaaslike sakekamer se ondersteuning en hulp. Die inwoners van Potchefstroom is egter nie alleen betrek by die film nie – die vervaardigers het ook hul harte oopgemaak vir die gemeenskap. Alle stelklere en beddegoed wat vir die akteurs en span aangekoop is, is aan die Doulos Poverty Relief program geskenk, wat dit in die gemeenskap versprei het.

Die regisseur en skrywer is die belowende René van Rooyen wat by die heel eerste Silwerskermfees in 2012 die kategorie vir beste kortfilm gewen het met haar kortfilm, Nantes. Mooirivier is haar eerste vollengte film en daar word verwag dat sy nog ’n groot naam in die industrie gaan word. (Haar man, Corné van Rooyen, het ook nou sy eerste vollengte film, Hollywood in my Huis, voltooi. Hierdie film is as beste vollengte film aangewys by 2014 se Silwerskermfees.)

Mooirivier word op 6 Februarie 2015 in teaters regoor Suid-Afrika vrygestel. Maak seker dat jy nie hierdie opwindende nuwe film misloop nie!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

7 wen Beiteltjies-toekenning

Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is gisteraand, 30 November 2020, deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die …

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.