Dinsdag , Oktober 23 2018
Home / Movies / Molly’s Game & I, Tonya benoem vir Golden Globe-toekennings!

Molly’s Game & I, Tonya benoem vir Golden Globe-toekennings!

Dis amptelik – MOLLY’S GAME en I, TONYA het albei verskeie benoemings ontvang vir die 2018 Golden Globe-toekennings, wat op 7 Januarie 2018 uitgesaai word.

MOLLY’S GAME is benoem vir Beste Draaiboek (Aaron Sorkin) en Beste Aktrise in ’n Drama (Jessica Chastain), terwyl I, TONYA weer nominasies vir Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm (Allison Janney), Beste Aktrise in ’n Musiekblyspel of Komedie (Margot Robbie) en Beste Fliek (Musiekblyspel of Komedie) ingepalm het.

Albei rolprente spog ook reeds met ’n lang lys benoemings en toekennings van ander Rolprentfeeste, regoor die wêreld, soos:

MOLLY’S GAME
Benoemings Toekennings
Detroit Film Critics

* Beste Aktrise – Jessica Chastain

 

Washington DC Area Film Critics

* Beste Draaiboekverwerking – Aaron Sorkin

 

Phoenix Critics Circle

* Beste Aktrise – Jessica Chastain

* Beste Draaiboek – Aaron Sorkin

 

Critics’ Choice-toekennings

* Beste Aktrise – Jessica Chastain
* Beste Draaiboekverwerking – Aaron Sorkin
Zürich-rolprentfees

* Loopbaanprestasietoekennings – Aaron

Sorkin

 

Internasionale Rolprentfees in Denver

* Loopbaanprestasietoekennings – Aaron

Sorkin

 

Mill Valley-rolprentfees

* Audience Favourite Award

I, TONYA
Benoemings Toekoennings
Seattle Film Critics Society

* Beste Aktrise – Margot Robbie

* Beste Ondersteunende Aktrise

Allison Janney

 

Phoenix Critics Circle

* Beste Komedie

* Beste Aktrise – Margot Robbie

* Beste Ondersteunende Aktrise

Allison Janney

 

Critics’ Choice-toekennings

* Beste Aktrise – Margot Robbie
* Beste Ondersteunende Aktrise

Allison Janney

* Beste Hare en Grimering

* Beste Komedie

* Beste Aktrise in ’n Komedie

Margot Robbie

 

Independent Spirit Awards

* Beste Vroulike Hoofrol – Margot Robbie

* Beste Ondersteunende Aktrise

Allison Janney

* Beste Redigering – Tatiana S. Riegel

* Beste Aktrise – Margot Robbie

 

Gotham-toekennings

* Beste Speelfilm

* Beste Aktrise – Margot Robbie

Hollywood-rolprenttoekennings

* Hollywood Ensemble-toekenning

* Hollywood Ondersteunende Aktrise-

   toekenning – Allison Janney

 

 

MOLLY’S GAME is ’n aangrypende, spanningsdrama oor die lewe van Olimpiese skiër en ondergrondse dobbelkoningin, Molly Bloom (Jessica Chastain), wat vir ’n dekade lank eksklusiewe, hoë risiko, ondergrondse poker-kompetisies gehou het, voordat sy een aand deur 17 FBI-agente, met outomatiese gewere, gearresteer is. Hierdie aksiebelaaide rolprent wys hoe sy probeer om haar spelers, wat Hollywood-bekendes, sporsterre en besigheidsmagnate insluit, te beskerm gedurende die hofsaak wat volg en hoe dinge warm word wanneer sy besef dat die Russiese mafia ook betrokke is. Haar enigste bron van ondersteuning, is haar prokureur, Charlie Jaffrey (Idris Elba), wat gou besef dat daar baie meer agter die storie is as wat die skinderkoerante vertel. Bekroonde draaiboekskrywer, Aaron Sorkin, maak sy debuut as regisseur met hierdie rolprent is bekend vir sy werk op lokettreffers, soos The Social Network, Steve Jobs, Moneyball, The American President en A Few Good Men. Hy het ook die draaiboek self geskep.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook

Twitter: @Mollys_Game

Instagram: @mollysgamemovie

Lokprent:

I, TONYA is ’n donker komedie-drama, uit die pen van Steven Rogers (Hope Floats, Stepmom), wat die ware verhaal vertel van die voormalige ysskaatskampioen, Tonya Harding(Margot Robbie), was sterk op pad om een van die wêreld se grootste sportlegendes te word. Haar sukses is egter oorskadu deur een van die mees sensasionele skandale van alle tye. Hierdie treffende film, deur Australiaanse regisseur Graig Gillespie, beloof om kykers diep te raak, nie net omdat die toneelspel en regie puik is nie, maar ook omdat dit op ’n manier die onskuld bewys van ’n vrou wat deur die wêreld veroordeel en deur haar geliefdes – soos haar ma, LaVona Golden (Allison Janney) en eksman, Jeff Gillooly (Sebastian Stan) – vertrap is.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook

Twitter: @ItonyaMovie

Instagram: @itonyamovie

Lokprent:

Die flieks word albei deur Ster-Kinekor Entertainment versprei en sal op 12 Januarie 2018 (Molly’s Game) en 16 Februarie 2018 (I, Tonya) in Suid-Afrika vrygestel word.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

The Forgiven vanaf hierdie naweek in uitgesoeke teaters!

Die langverwagte rolprent, THE FORGIVEN, gaan oor Aartsbiskop Desmond Tutu se werk as die hoof …

Nuwe John Travolta fliek in teaters die naweek!

Die fliek waarin John Travolta lewe gee aan een van die mees berugte bendelede sedert …