Vrydag , Julie 20 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Michelle Marx stel musiekvideo vir DAYMOON bekend!

Michelle Marx stel musiekvideo vir DAYMOON bekend!

Michelle Marx se hoendervleismooi kontemporêre ballade, DAYMOON, is vroeg in Junie 2018 aan radiostasies landswyd uitgereik en die musiekvideo is ook nou pas bekendgestel! Die video vertel ‘n hartroerende verhaal wat DAYMOON se lirieke perfek weerspieёl.

Hierdie musikant se musiek praat met die siel en dit is iets heeltemal vars en anders in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.  DAYMOON is haar eerste enkelsnit uit haar eie pen en is een van daardie liedjies wat jy oor-en-oor sal wil luister.  Haar musiek is diep en haar lirieke is eintlik gedigte.  Hierdie liedjie is gebore uit haar frustrasie oor iets wat so mooi kon wees, maar ongelukkig nooit tot volle potensiaal ontwikkel het nie.

Die video is vervaardig deur Luther van der Watt van AVC Studios en in die Atterbury teater verfilm.

Omdat Michelle Marx self inspirasie put uit die emosie wat in sekere musiek opgesluit is, wil sy graag ook daardie tipe boodskap met betekenisvolle lirieke aan luisteraars oordra. “Ek wil hê mense moet my werk geniet en ek weet dat dit iets diep in almal se hart kan raak,” sê sy.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Instagram: @michelle_marx_x

Youtube

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

BOON laat Weiveld ontplof met nuwe temalied!

Is dit Pitbull..?! Dalk Jack Parow..?! Nee wag, dit lyk mos soos Queen… of is …

Weiveld gaan ruk hierdie Vrydagaand!

Die bekende en sekerlik een van die grootste kuierplekke in Pretoria, Weiveld, gaan ruk en …