Dinsdag , Oktober 16 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Met my hele hart: Lianie May se sprokiesverhaal

Met my hele hart: Lianie May se sprokiesverhaal

Skuif reg vir ‘n heerlike liefdesverhaal wat in jou sitkamer gaan afspeel. Van die verlowing tot die groot dag voor die kansel gaan jy die mees romantiese werklikheids-TV beleef.

Die liefling-sangeres Lianie May en haar Barry was tien jaar lank verloof en toe vroeg vanjaar vra hy haar om te trou. Skuif dus reg om vanaf 12 September hul liefdespaadjie saam met hulle te loop.

Reeds van episode 1 af kan jy ‘n glasie vonkelwyn skink en deel in Lianie se verjaarsdagvieringe toe Barry die groot vraag gevra het. Van daar af heers daar groot opwinding met elke episode wat ‘n volgende stap in die beplanning van die troue vasvang.

Ons gaan saam beleef hoe hulle die gastelys opstel, die regte trouplek soek, kombuistee en ramparty reël.

Asof dit die amper-bruid nie besig genoeg gaan hou nie, werk Lianie ook aan ‘n splinternuwe album. So kry ons ‘n kykie in die lewe van ‘n kunstenaar en wat dit verg om om ‘n suksesvolle loopbaan te balanseer met ‘n persoonlike lewe. Al die pret, opwinding en ja, stres.

Moenie die eerste episode misloop nie. “Met My Hele Hart” begin op 12 September om 20:30 op VIA TV (DSTV 147).

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Valeska Muller stel nuwe pop-danssnit vry!

Valeska Muller is een van daardie kunstenaars wat jou laat stilstaan wanneer jy haar vir die …

‘n Nuwe enkelsnit en album vir Afrikaanse musieklegende!

Met musiekstyle en –tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om relevant te …