Meer oor vanjaar se Liefde by die dam 2018!

77

Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Koos Kombuis, Elvis Blue, Bongeziwe Mabandla, Bouwer Bosch, Schalk Bezuidenhout.

Konsert en kuier gaan hand aan hand, en handjies vashou is mos Liefde. Vanjaar vind die gewilde

Liefde by die Dam op Sondag 5 Augustus plaas – weer by Emmarentia Dam, een van Suid-Afrika se mooiste konsert-tuine. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud;`n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of `n lekker dag uit saam met jou “besties.

Sewe top SA kunstenaars deel vanjaar die Liefde by die Dam verhoog: Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Koos Kombuis, Elvis Blue, Bongeziwe Mabandla, en Bouwer Bosch. Seremoniemeester Schalk Bezuidenhout gaan die program se verloop met ligte vermaak bymekaar hou.

Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Elvis Blue en Bouwer Bosch was die afgelope tyd gereeld in die nuus met nuwe uitreikings en radiotreffers en het al elk verskeie gesogte SA musiektoekennings losgeslaan. Voeg daarby een van ons land se mees invloedryke kunstenaars, die legendariese Koos Kombuis, asook die nuwe gesig van “Afro Folk”, Bongeziwe Mabandla, en Liefde by die Dam 2018 beloof om `n onvergeetlike konsert-ervaring te wees.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties Liefde by die dam is elke jaar baie spesiaal. “Bring jou mense en deel in die die liefde vir ons land en musiek. Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”

So in die gees van gee, wat dink die kunstenaars? Hoe kan mense nog meer liefde uitdeel?

 Mens moet jouself leer liefkry heel eerste. dan kan jy ander mense liefkry. Ons het grootgeword in ‘n kultuur waar ons van kleins af geleer is om onsself te ontken en misken, en skuldig te voel oor wie ons is.” – Koos Kombuis.

Wees vriendelik met kelners, petroljoggies en inbelsentrum-operateurs. Dis dalk n eenvoudige begin.” Elvis Blue.

“Soen die ou of die vrou langs jou.” Francois van Coke.

Ek dink deur net verby iemand te loop en te glimlag maak klaar `n verskil.” Karlien van Jaarsveld.

Wees net nice. Dis so maklik soos dit. Dis minder moeite en lekkerder vir almal.” Schalk Bezuidenhout.

Daar het jy dit. Mag Liefde bly wen! Kom deel in `n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees.

Datum: 5 Augustus 2018

Tyd: 10VM – 6NM

Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg

 

Volg #LiefdeByDieDam op Sosiale Media:

LIEFDE BY DIE DAM Webtuiste

LIEFDE BY DIE DAM Facebook

LIEFDE BY DIE DAM Twitter

LIEFDE BY DIE DAM Instagram

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie