Suid-Afrikaanse liefling en talentvolle Afrikaanse sangeres, Suzanne, betower al plaaslike gehore vanaf haar debuut in 1997 toe sy die musiekwêreld op die vroeë ouderdom van tien betreë het. Agtien jaar en ses albums later, is Suzanne terug met haar nuutste enkelsnit, Vuurbestand. Dié enkelsnit vorm deel van haar nuutste album wat later die jaar vrygestel gaan word en wys hierdie begaafde kunstenaar se besonderse mooi stem en klank. Suzanne stel ook ‘n dieper en meer persoonlike kant van haarself bloot in die liedjie.
Suzanne is gereed om haar plek in te neem langs ander top Suid-Afrikaanse kunstenaars met hierdie nuwe enkelsnit. Vuurbestand het die potensiaal om ‘n reuse treffer te wees en is boonop iets wat ‘n regte plesier was vir Suzanne om te skryf saam met haar man, Jacobus Uys. Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties het die liedjie vervaardig.
“Ek en my man skryf al my liedjies self. Vuurbestand het ontstaan toe sekere mense in die Afrikaanse musiekbedryf probeer het om ons te verander en te onderdruk. Ek en my man het toe saam besluit dat, net soos ons liefde vir mekaar, is ons passie vir skryf iets wat nooit doodgemaak kan word nie. Ons sal altyd aan die anderkant uitkom. Ons is vuurbestand.” sê Suzanne trots.
Vuurbestand is beskikbaar op iTunes.
Kyk die Vuurbestand musiekvideo hier:
SKAKELS:
Ek is baie beïndruk met daardie lekker liedjie.
En ek hoop ek kan gou meer hoor van Suzanna se stem.
Baie groete,
Rudolf (Duitsland)