Meer oor CARMA

288

Carma is ‘n sangeres en liedjieskrywer van Potchefstroom, wat al diep spore getrap het op verskeie radio stasies met haar treffer Sonder Liefde (Dis Jou Keuse). Sy sing al vandat sy 5 jaar oud is, maar het in 2012 eers besluit om dit ernstig te vat en het in dieselfde jaar haar eerste demo CD opgeneem.

In 2014 neem sy haar eerste enkelsnit Sonder Liefde (geskryf deur haarself), by die baie bekende Byron Keno (Kuntz) op en dit speel sedert dan op meer as 9 radio stasies landswyd, asook op 1FM in Nambië. Op GrootFM het haar enkelsnit vir 6 weke op die Top 20 lys gepronk en haar derde enkelsnit, Kom Jy Terug, (geskryf deur haarself) is ook onlangs goedgekeur vir die speellys en word ook geniet deur Pretoria se luisteraars.
Haar tweede enkelsnit (geskryf deur haarself) , Hoendervleis, speel ook op verskeie radio stasies en kry ook baie goeie terugvoer tydens “live performances” en is daar dus ook besluit om van die liedjie ‘n musiek video te skiet wat later in 2017 sal geskied.

Carma tree baie plaaslik asook oral rond in die land op, maar is verlede jaar genooi vir Amamzimtoti se Karnavaal en in 2015 tree sy op by Aardklop, wat ‘n persoonlike hoogtepunt was, waartydens sy haar CD (EP) bekend gestel het.

Vroeg 2017 neem sy haar vierdie enkelsnit “Ek’s ‘n Girl” (geskryf deur haarself) op wat tot op hede nog nie bekend gestel is nie.

Sy het twee videos op YouTube en sy is beskikbaar op Facebook, Twitter en Instagram (vind links onderaan). Carma kan bespreek word vir feeste, pubs, funksies en verjaarsdae. CDs en besigheidskaartjies is ook beskikbaar na shows.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments