Vrydag , Julie 20 2018
Home / Books / McGregor – Hier is nou ‘n buitengewone boeke storie!

McGregor – Hier is nou ‘n buitengewone boeke storie!

Die tiende jaarlikse Reuse Boekefees word vanaf Vrydag 19 tot Sondag 21 Mei op McGregor naby Robertson in die Breederiviervallei gehou.
Wat hierdie boeke makietie uniek maak, is dat alles ten bate van gehawende donkies is!

Die sameroeper van die Boekefees, Dr. Johan van Zijl, sê dat hulle mense van oraloor verwag.“Almal wat vorige Boekefeeste bygewoon het, sal die wonderlike verskeidenheid boeke en die groot winskope onthou. Die feit dat die totale opbrengs vir die Eseltjiesrus toevlugsoord vir afgeleefde donkies aangewend word, maak die uitstappie nog lekkerder!”

Vragtevol nuwe en kraakvars tweedehandse boeke kan besigtig en gekoop word en weggeepryse is aan die orde van die dag by hierdie bielie van ‘n verkoping. Dit word nie verniet “die grootste enkele boekeverkoping in die Wes-Kaap” genoem nie!

Daar is meer as 12 000 boeke om uit te kies en elke dag word nóg nuwe voorraad bygevoeg. Dus is dit glad nie nodig om al op die eerste dag daar te wees nie! Daar is ook ‘n Spesiale Versameling afdeling met skaars of buitengewone boeke wat altyd baie aftrek kry.

Die Boekefees bied kinderboeke, geestelike leesstof, fiksie en nie-fiksie, kos – en reisboeke én van alles en nog wat en vind in die munisipale sentrum in Voortrekkerstraat in McGregor plaas.

Eseltjiesrus self is ’n geregistreede liefdadigheids-organisasie en is sowat 5km buite McGregor geleë en is beslis ‘n besoek werd. Al die donkies is uit haglike toestande gered en geniet nou vir die eerste keer ‘n bestaan sonder pyn en ontbering.

Vir meer inligting oor die Boekefees kan mense Eseltjiesrus skakel by
023 625 1593.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Eseltjierus se grootste boekfees help donkies in nood

Winskoopjagters en boekwurms kan weer na hartelus kom snuffel by die 12de jaarlikse Boekefees in …

Afrikaans.com has some exciting news to share. The website is now also available to second and third language speakers … in English!

Afrikaans is an expressive, home-grown language. It is dynamic and here to stay. The language …