Tyd vir die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20!
In die week se bonus insetsel het ek groot verrassing vir jou! Este van Maroela Media gesels bietjie met Carike Keuzenkamp oor wat Kersfees vir haar beteken. En ek speel graag vir jou een van haar nuwe liedjies wat ook sy verskyning gemaak het op die Maroela Media Afrikaanse Top 20.
Dit is weereens vir my ’n voorreg om die volgende uur saam met jou te spandeer.
As jy nog nie daarvan bewus is nie, Maroela Media, vinnig groeiende Afrikaanse nuus platform en nou ook die tweede grootste in Suid-Afrika het ’n app (of soos ons Afrikaners sê ’n toepassing). So daar is geen verskoning om op hoogte van sake te bly, gratis en verniet natuurlik, op jy slimfoon waar ookal jy jouself bevind die kerstyd, hetsy langs die strand in Margate, in die magiese karoo (as daar selfoon opvangs is) or in jou huis as jy Jan tuis bly se karretjie ry. Dis nuus, gratis en verniet op jou slimfoon. Gaan laai dit af in jou foon se toepassing winkel hetsy Apple of Android.
En, as jy ook so tussen die voeltjies kuier op Twitter, kom kuier gerus saam met my onder die naam @pietercloete
Kom ons skop af met die week se Top 20: