Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Mariska stel tweede enkelsnit bekend!

Mariska stel tweede enkelsnit bekend!

Mariska se eerste enkelsnit en haar debuut-album, DANKIE is vroeër vanjaar uitgereik en spog tans met die Nr. 1 posissie op Bosveld Stereo se Top 20!

Nou, gedurende Oktober 2018 word die tweede enkelsnit vanaf haar album uitgereik.  Dié enkelsnit, getiteld VERSEKERSEKER is ‘n pragtige verhaal wat handel oor ‘n baie mooi vriendskapsverhouding tussen man en vrou.  “Die vrou besef sy voel meer vir hierdie man as net goeie vriende en is opsoek na sekerheid en vastigheid in hulle verhouding.  Sy wonder waarheen die verhouding gaan lei en ook of hy dieselfde wil hê uit die verhouding.  Sy wil graag hê dit moet ontwikkel in iets meer ernstig en in die lied vertel sy vir hom hoe sy voel”, gesels Mariska oor haar tweede enkelsnit waarvan die musiekvideo ook eersdaags bekendgestel sal word.

Haar album, wat hoofsaaklik oor die verskillende fasette van die liefde gaan, het ’n kontemporêre popklank en is die resultaat van ses jaar se harde werk. Dit spog met twaalf oorspronklike treffers, uit die penne van bekende liriekeskrywers soos Vaughan Gardiner, Johan Oberholzer en Rudi Claase, wat wissel tussen opgewekte lekkerluisterdeuntjies en dieper hartsmusiek met ’n meer klassieke aanslag.

Mariska het op ’n plaas net buite Hoedspruit grootgeword en is reeds vandat sy vyf jaar oud is in vervoering met klassieke musiek. Sy het begin met sanglesse toe sy in graad 1 was en het daarna ook vinnig instrumente soos die klavier, viool en klawerbord bemeester, waarvoor sy ’n hele string toekennings verwerf het by die Eisteddfod in haar matriekjaar.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy hard besig met haar BA Sielkundegraad en meen dat sy ’n beroep in musiekterapie sou oorweeg het as sy nie self kon sing nie.

LIEDJIES OP DIE ALBUM

1. Dankie

2. Ek Speel Ons Liedjie

3. Woestyn

4. Exodus

5. Versekerseker

6. Van Vooraf Begin

7. Hardloop Weg Saam My

8. Blomme In My Hart

9. Hoofrol

10. Seisoene

11. Ek Gee Jou My Hart

12. Vrede

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook

Twitter: @mariska_sa

Instagram: @mariska.sa

YouTube

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

Hou vas jou hart!  2ndLife het pas ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, WIE EK IS, …

David Fourie se liedjie “Jy soen soos ’n engel” in Nederlands

Wat dink jy van Jaimy se weergawe van David Fourie se liedjie? Deel jou kommentaar …