Monday , November 29 2021

LUNA PAIGE stel nuwe album “BORDERS & BEYOND” bekend met Nasionale Toer: 3 Mei –1 Junie 2014.

Luna sal in die volgende stede optree tydens die toer: Kaapstad, Durbanville, Stellenbosch, Port Elizabeth, Pietermaritzburg, Potchefstroom, Pretoria, Nelspruit, Durban, Swartland, Tulbagh en Greyton.

3 Mei: Die Boer, Durbanville.
9 Mei: The Cash Store, Port Elizabeth
10 Mei: Durban (venue TBC)
13 Mei: Maritzburg, Music Club, Pietermaritzburg
14 Mei: Makojalo, Op-Stal, Potchefstroom
15 Mei: Atterbury Teater, Pretoria (Offisiele CD Bekendstelling.)
20 Mei: Die Stoep,Nelspruit.
22 Mei: Mercury Lounge, Kaapstad.
23 Mei: Searle`s Trading Post, Greyton.
24 Mei: Klein Libertas Teater, Stellenbosch.
30 Mei: Saronsberg, Stamkafee Teater, Tulbagh.
31 Mei: Kasteelberg, Riebeek Kasteel.
1 Junie: Alma Café, Rosebank, Kaapstad.

Luna Paige vier die bekendstelling van haar 5de CD in Meimaand 2014. Hierdie CD is ‘n versameling liedere wat Luna geskryf en gekomponeer het oor die verloop van 5 jaar sedert die bekendstelling van haar 3de Engelse CD,“Wonderful life”. Sedertdien “Wonderful life” het sy haar eerste Afrikaanse musiekproduksie op die planke gebring asook ‘n Afrikaanse CD en DVD, “Storielied” vrygestel. Die vrystelling van “Wonderful life” (2009) en “Storielied” (2012) het Luna op menige interessante paaie gelei – onder andere optredes in Nederland (waar Luna weer in Junie 2014 gaan optree).

Haar nuutste Engelse CD bring vir nuwe en ou aanhangers ‘n paar verrassings. Die opname proses (onder vervaardiging van Fiesta wenner, Schalk Joubert) was onkonvensioneel. Die oorgrote meerderheid van die liedere was in Schalk se huis op Monterosso Wynlandgoed buite Stellenbosch opgeneem. Die resultaat is ‘n rou, gestroopte en eerlike klank wat die emosie en verhale van Luna se liedere soveel meer aan die luisteraar blootlê. Luna waag ook haar hand aan country en blues! Luisteraars sal verras word met liedjies wat die voete laat juk, sowel as Luna se eerste a capella opname.

Sangeres Andriëtte Norman het ingestem om ‘n duet saam met Luna op te neem. “Find your light” is ‘n positiewe lied waarin Andriëtte en Luna se stemme ongelooflik saamsmelt.

Peter Mitchell (oftewel, Pietman van die “Boer en Skot” faam) het opgetree as Luna se offisiële bysanger en vokale bydraes van onskatbare waarde gelewer.

Blues sanger en liedjieskrywer Gerald Clark het ook ‘n emosiebelaaide duet saam met Luna opgeneem. Die lied “One day” vorm deel van die LOVEMORE produksie waarby Luna en Gerald betrokke is. Luna het die lied spesifiek vir die produksie geskryf – en besluit om dit op te neem, weens die populariteit daarvan by vertonings.

Luna se orkes bestaan uit Schalk Joubert op baskitaar, Kevin Gibson op tromme en Henry Steel op kitare. Luna begelei haarself op klavier en kitaar. Kom wens Luna ‘n Bon Voyage toe voor sy die lang tog Nederland toe aanpak om by die International Singer-Songwriter Festival in Den Haag te gaan optree. Sy sal ook in Amsterdam en Utrecht te siene wees.

Lees meer oor die maak van die CD hier: http://www.lunapaige.blogspot.com/p/the-new-luna-paige-album-coming-your.html

Luna se webwerf: www.lunapaige.com

BORDERS AND BEYOND TOER INFORMASIE:
3 Mei:
Die Boer, Durbanville, Western Cape, R120, 20h30, Besprekings: 021 979 1911.

9 Mei:
The Cash Store, Port Elizabeth, Ooskaap, R60, R50 (5 of meer besprekings), R40 (10 of meer besprekings), 19h00 vir 19h30, Bespreek by Hellen 041 365 0217 / of bel The Cash Store 041 366 2140.

13 Mei:
Maritzburg Music Club @ the Red Door (Pietermaritzburg), R40, Deure open: 19h30, Vertoning begin 20h30. Geen besprekings/ Kaartjies by deur.

14 May:
Makojalo Op-Stal, Potchefstroom, R100pp for show, bookings@makojalo.co.za or phone 084 601 0263, Doors open 18h00, Show starts 20h00, Cash bar and meal options available.

15 Mei:
Atterbury Teater, offisiele album bekendstelling, Pretoria, Gauteng, R150, 20h00, Computicket. Besprekings: 012 471 1700.

16-18 Mei:
Luna in Mozambique om by n troue op te tree saam met Gerald Clark en Albert Frost.

20 Mei:
Die Stoep (Nelspruit), Mpumalanga, R80, 19h00 vir 19h30, Besprekings: 013 741 2551

22 Mei:
Mercury Lounge, Kaapstad, Weskaap, R50, Deure oop 20h00, vertoning begin 21h00-21h30.

23 Mei:
Searle’s Trading Post (Greyton), Overberg, Weskaap. R100. – 19h00 aandete (driegang maal – nie ingesluit by kaartjieprys). Vertoning begin 20h00. Besprekings: 028 254 9550

24 Mei:
Klein Libertas Teater, Stellenbosch, Weskaap, R100. Deure oop 19h00, vertoning begin20h00, Besprekings: klt@kleinlibertasteater.co.za of 021 883 8164

30 Mei:
Saronsberg Stamkafee Teater, Tulbagh, Weskaap, R80, Deure open 19h00, Vertoning begin 20h30, Besprekings: saronsbergteater@gmail.com / 082 301 4951

31 Mei:
Kasteelberg (Riebeek Kasteel), Swartland, Weskaap, R100, Deure open 17h00, vertoning begin 19h00, Bespreking: 071 009 2141

1 Junie:
Alma Café, Rosebank, Kaapstad, R160 (sluit ete in), deure open 18h00 vir ete, vertoning 19h30. Bookings: 021 685 7377
Sosiale Media details:
www.facebook.com/LunaPaige.SingerSongwriter
www.twitter.com/lunapaige
www.reverbnation.com/lunasingersongwriter
www.lunapaige.blogspot.com

www.lunapaige.com

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

SAMRO makes effort to lessen the impact of COVID on music creators

Despite the devastating effect that the ongoing COVID-19 pandemic has had on the country’s various …

Emerger lights up with a new track!

After the recent success of ‘State of Mind’ and ‘Urban Wilderness (Reimagined)’, which have seen …