Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Lukraaketaar is terug!!!

Lukraaketaar is terug!!!

Die akoestiese musiek duo Lukraaketaar het groot opslae gemaak tydens die ‘Bellville Rock City’ era rondom 2003 – 2008. Pierre Greeff en Alwyn Kotzé was bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke. Hulle het mekaar jare gelede op Stellenbosch ontmoet en saam begin musiek maak. Greeff beskryf hul lirieke as “sielvolle woorde” en hul musiek as “akoesties met skop”. Die naam, Lukraaketaar, is ‘n kombinasie van twee woorde: lukraak, wat beteken toeval, geluk, na willekeur; en ketaar, wat volgens hulle ‘n woordspeling op “kitaar” en “kommentaar” is.

Die duo se eerste sewesnitkortspeler “Fop Genade” was in 2005 uitgereik en `n selfgetitelde vollengte album “Lukraaketaar” het in 2008 gevolg.

Hul treffers van daardie tyd ‘Om te kan’ en ‘Taranangi Junkie’ is saam reeds meer as sestig duisend keer op Youtube gekyk. Die gewilde DSTV musiek platform MK wat in 2005 begin uitsaai het, het die videos gereeld gespeel en dit het bygedra tot die groep se sukses.

Nou, heelwat meer as `n dekade later, maak Lukraaketaar nuwe musiek. Twee nuwe liedjies “Verinneweer” en “Hou My” is pas uitgereik. “Dit is nogal lukraak” Greeff: “Alwyn se vriend en rolprent regisseur Neil van Deventer het my herinner van die liedjie “Hou My” wat Alwyn seker ‘n goeie 7 jaar terug geskryf het maar nooit opgeneem het nie.  Op daardie stadium het ek net begin skryf aan die liedjie “Verrinneweer” en dit het my dadelik laat voel soos iets wat ons sou saam kon opneem. ‘n Whatsapp boodskap of twee later en ‘n chat oor ‘n bier oor die moontlikheid van weer ietsie opneem saam en siedaar.  Opgeneem by dieateljee wat ek, Hunter Kennedy en Fred den Hartog in Kaapstad hetwww.thenothing.clubmet die hulp van Fred en Loki Rothman as vervaardigers en die twee liedjies het die lig gesien.  Baie heimwee en min moeite is wat julle hier hoor en hopelik sal ons ou en nuwe aanhangers iets lekker uit hierdie melodieë en harmonieë kry.”

Videos van ouds:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …