Lokprente: kykNET Silwerskermfees

123

kykNET se kortfilmprojek is elke jaar ‘n hoogtepunt en vanjaar gaan beslis nie telleurstel nie.

Die projek dien jaarliks as ’n broeikas vir nuwe talent, hetsy dit gevestigde rolspelers is wat nuwe uitdagings agter die kameras aanpak of nuwe talent wat vir die eerste keer ‘n filmprojek aanpak.

Hierdie jaar is daar 21 kortfilms, tussen 12 en 24 minute, op die feesprogram. Dit is altyd ‘n hoogtepunt om te sien watter akteurs hulself beskikbaar stel om hieraan deel te neem en só saam met die filmmakers aan die diep kant in te duik.

“Ons is baie trots op die kortfilmprojek en die talent wat oor die jare sukses kon behaal in die televisie- en filmbedryf,” sê Karen Meiring M-Net Direkteur, kykNET kanale. “Twee van ons vorige kortfilm-wenners is reeds ontwikkel in vollengte films (Vuil wasgoed, Nommer 37) asook ‘n televisiereeks (Buurtwag).”

Volgens Karen is filmmakers soos Christiaan Olwagen, René en Corné van Rooyen, Nosipho Dumisa, Travis Taute, Bennie Fourie en Bouwer Bosch, om maar net ‘n paar te noem, is van die vorige wenners wat vandag gerekende rolspelers is.

“Die finansiële bydrae wat kykNET tot hierdie projek maak, is ‘n belegging in die toekoms van Afrikaanse film.”

Om in te skryf moet ’n filmmaker ’n eenbladvoorstel indien, wat anoniem beoordeel word. Daar is vanjaar 258 inskrywings ontvang en vanuit hierdie voorstelle is 31 skrywers genooi is om deel te neem aan tekswerkswinkel in Kaapstad en Johannesburg. Filmmakers dien dan hul finale teks in waarna die top 21 gekies word.

Daar is ook 10 mentors wat aan hierdie projek deelneem en dan die filmmakers ondersteun – van teksontwikkeling tot na-produksie. Die teksmentors vir 2017 is Beer Adriaanse, Bennie Fourie, Brett. M. Innes and Etienne Fourie terwyl Johan Kruger, Josh Rous, Jozua Malherbe, Luke Rous, Nosipho Dumisa en Travis Taute produksie ondersteuning bied.

Dit is vir ons ‘n heerlike voorreg om die lokprente vir 2017 bekend te stel. Klik HIER vir al die lokprente en informasie.

Die 2017 kykNET SIlwerskerm kortfilms sal in November op die Showmax platform beskikbaar wees.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments