Lizandra Winter se nuutste musiekvideo is hier! Die Begin!

79

Lizandra Winter se eerste enkelsnit, Die Begin, vanaf haar selfgetitelde Afrikaanse debuut-album is vroeër vanjaar vrygestel en kan gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word.  Die musiekvideo vir hierdie liedjie is besonders en is pas bekendgestel.

Kyk die video hier:

Die video gaan daaroor dat ‘n mens so maklik vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is.  Dit is moontlik gemaak deur Little Big Studio en vervaardig deur DaVille Films (Jean de Viliers & Ja-en Kleynhans).  Verfilming het plaasgevind by Val de Grace, Leon en Terese Potgieter se woning, en die konsep is ontwikkel deur Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Lizandra Winter.

Die rol van die ouer dame in die video word vertolk deur Marthie Steyn en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

Regissuer:  Jacques de Villiers

Grimering & Hare:  Faffa de Klerk

Stel:  Jean de Villiers, Jacques de Villiers, Ja-en Kleynhans, Jeanlie Minnie

Oor haar debuut-album sê Lizandra: ““Die liedjies wat ek gekies het om op die album te wees, is oor ’n tydperk van twee jaar geskaaf. In elke seisoen van my lewe, was daar nuwe inspirasie en het ek geskryf oor die lesse wat ek geleer het en die dinge wat ek voel ek nog moet bemeester. Die musiek op die album gaan oor daardie kosbare dinge in die lewe, wat geld nie kan koop nie en waarin ewigheidswaarde lê.  Ek het besluit om dit ’n selfgetitelde album te maak, omdat die liedjies vasvang wie ek is. Dis amper soos ’n aankondiging wat sê: ‘Hier is ek, Wêreld!’.”

Lizandra se strelende fluweelstem, gaan nie net diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap nie, maar is ook ‘die perfekte begin’ van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook

Twitter: @Lizandra_Winter

Instagram: @lizandrawinter

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments