Vrydag , Augustus 17 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Lizandra Winter en Joshua na die Reën saam in konsert!

Lizandra Winter en Joshua na die Reën saam in konsert!

Lizandra Winter en Joshua na die Reën het onlangs kragte saamgesnoer en die mooiste weergawe van die ou Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, opgeneem en vrygestel.  Daar was lanklaas ‘n verwerking van ‘n ou treffer wat so opreg, suiwer en beeldskoon opgeneem is soos nou.

Hierdie twee uiters talentvolle kunstenaars bied nou ook op die 10de April 2018 ‘n konsert saam aan waar hulle afsonderlik, maar ook saam sal optree.  Ek wil vir jou sal beslis ook uitgevoer word op die aand.

Kyk hier na die musiekvideo van Ek wil vir jou:

Lizandra en die alombekende Joshua na die Reën kom al ‘n lang pad.  Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree.  Hulle het ‘n hegte vriendskap en hulle stemme komplimenteer mekaar op ‘n merkwaardige wyse.

Die vertoning vind plaas op Dinsdag, 10 April 2018 by Laughing Chefs, Golden Mole Nature Estate, Plot 274 Graham Road, Lynwood Road Extension, Tiegerpoort, Pretoria.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

[kyk] Elizma Theron se nuwe musiekvideo is hier!

Elizma Theron se nuwe album Hierdie hart brand liefde is ‘n viering van die lewe …

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …