Donderdag , Augustus 22 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Liewe Lisa… nuwe fliek

Liewe Lisa… nuwe fliek

LIEWE LISA, die debuutfilm van KOMPANJIE STORIES, se plakkaat is vandag bekendgestel. Die film word vrygestel op 14 Februarie 2019 en kykers sal Hendrik Cronje en Elani Dekker in die hoofrolle sien.

Die film LIEWE LISA is nie net die filmmakers se eerste produksie nie, maar het ook as inspirasie gedien vir die begin van ’n nuwe produksiemaatskappy, naamlik KOMPANJIE STORIES, met die uitsluitlike missie om ware en oorspronklike storie-gebaseerde films aan die Afrikaanse mark te bring.

Die draaiboek is deur Hendrik Cronje geskryf en is geïnspireer deur die film, THE GRADUATE (1967). Vanweë Hendrik se groot behoefte om sy eie films te maak, het hy kragte saamgesnoer met sy broer, Johan Cronje, en hulle het begin gesels oor LIEWE LISA, toekomstige films en die behoefte aan storie-gebaseerde rolprente gebaseer op die werklike lewe. Gevolglik het hulle besluit om LIEWE LISA en ander toekomstige films self te vervaardig.

Daniel (Hendrik Cronje) het ’n geheime droom om ’n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ’n buite-egtelike verhouding met ’n invloedryke besigheidsman se vrou. Dinge neem ’n dramatiese wending wanneer hy verlief raak op dieselfde besigheidsman se dogter (Elani Dekker). Na sy foute bekendgemaak word, roep hy die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en ontmoet hy vir Tom (Zane Meas) – ’n eenvoudige visserman wie vir Daniel help om sy ware lewenspotensiaal te bereik.

LIEWE LISA se rolverdeling sluit in Hendrik Cronje, Elani Dekker, Zane Meas, Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Chrystal-Donna Roberts en meer! Die film word landswyd op 14 Februarie 2019 deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik.

LIEWE LISA Kontak:

LIEWE LISA Facebook

LIEWE LISA Instagram

FILMFINITY Facebook

NUTS ABOUT MOVIES Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe Quentin Krog-rolprent, ANDER MENS, hierdie naweek op die grootskerm!

Vanaf 23 Augustus 2019 is Bennie Fourie, Marlee van der Merwe, Frank Opperman, James Borthwick, André Weideman, Laudo Liebenberg, Tim Theron, Jana Cilliers, Lika …

DIE-anner-LEWE: ‘n Teater aand met spookstorie vertellings en sang!

Verbeel jou, dit is ‘n donker aand daar buite. Jy en ‘n paar gaste sit …