Dinsdag , Mei 21 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ‘n unieke wyse bekendgestel.  Tydens ‘n lewendige Facebook onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video gister vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ‘n bekroonde kitaarspeler en wys met BAKENLIG ‘n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake.  Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ‘n  vroeëre self. Verskillende avontuurtonele vertel dan die storie van hom en sy hond (die nimlike Staffordshire Terrier, Liela Jones) se wedervaringe. Die draaipunt kom waar hy vanuit sy gemaklike kantoor opspring, sy weeldemotor inruil vir sy ou bakkie, en terugkeer huis toe. Sy vrou (Su-An Müller-Marais) maak die deur oop en sien weer haar “ou” man wag teruggekeer het. Die man vir wie geld en rykdom nie saakmaak nie.

BAKENLIG handel oor die terugkeer na plekke in ons lewe, en die karakter keer dus terug na iemand wie hy eens was”, sê Leon.

Die video is verfilm oor 3 dae in Pretoria en Delmas.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @leongropp

Instagram: @leongropp

YouTube

Web

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Opkomende musikante kan by kundiges leer tydens nuwe musiekwerkswinkel!

Daar is baie talentvolle musikante, beide ervare en onervare, wat sukkel om musiekdrome te verwesenlik …

Dewald Wasserfall se nuwe album is hier! En dis elektries!!

Aanhangers van Dewald Wasserfall sal verheug wees om te hoor dat die gewilde sanger se …