Dinsdag , November 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Len Muller – Smag na jou

Len Muller – Smag na jou

Len Muller is beter bekend as die voorsanger van die alternatiewe “rock band” DieFoute wat hulle oorsprong gehad het in Richardsbaai gedurende 2009. Len het aan die einde van 2011 besluit om ‘n solo loopbaan aan te pak en het Richardsbaai verruil vir Pretoria se liggies. Hy het sy oorspronklike materiaal oor ‘n tydperk van drie jaar geskryf en sy EP Album binne twee weke by Wynand Delport Produksies, middel 2012 opgeneem.

Len het die laaste twee jaar geskryf aan sy debuut album getiteld, Doodgewone Avontuur, wat vroeg in 2015 uitgereik sal word. Daar wag tien splinternuwe liedjies op luisteraars en dit beloof om tone-omkrul luistergenot te wees! Medeskrywers op van die liedjies sluit in die befaamde Retief Burger (Luidkeels), Bouwer Bosch (Straatligkinders & Dans Dans Lisa) en Jattie de Beer (Vertikaal & Dou Voor Dag).

Die nuwe album geniet ook lekker variasie deur die insluiting van verskeie ander kunstenaars (JOSHUA NA DIE REëN, RETIEF BURGER en JANIE BAY) wat saam met Len Muller sing op drie van die liedjies.

Die tyd het egter nou aangebreek om die nuutste liedjie uit Len se pen, SMAG NA JOU, aan radiostasies landswyd uit te reik.

Die lied is gebore uit ‘n diep verlange na iets meer. Iets wat mens se lewe vervul eerder as dinge wat ‘n mens net tydelik opvul. Dit is die kyk na geloof vanuit ‘n ander perspektief en gesels oor die idee dat mens soms klein voel daarsonder. Berge en problem raak al hoe groter as geloof verdwyn. Geloof in ‘n Skepper maar ook geloof in mense. “Dit was geskryf in ‘n tyd toe ek mense baie moeilik vertrou het. Ek vertrou steeds baie moeilik maar die lied wil mense (en myself) bemoedig om hoop en vervulling op die regte plekk te soek” sê Len. “My lirieke is baie persoonlik, diep en eerlik. Dit kom bykans netso uit my persoonlike joernaal. Ek wil graag hoop in mense se lewens insing en dié bemoedig wat deur swaar tye gaan. Ek is moeg vir veral Afrikaanse musiek sonder enige emosie. Ek glo ek het meer om oor te sing as net geld, meisies en goeie tye. Die mooiste liedjies vir my is die hartseer liedjies, want moeilike tye is ook deel van die lewe waardeur ons almal gaan”.

Len het ook al intussen die verhoog saam met van Suid-Afrika se top kunstenaars gedeel, insluitende Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa en die groep Kaleidoskoop. Hy tree ook tans saam met AFRIKAANS AKOESTIES op.

KYK HIER:

 

Webtuiste:www.lenmuller.co.za

Twitter:www.twitter.com/lenniemuller

Facebook:www.facebook.com/lenmuller1

YouTube:www.youtube.com/lenniemuller

Soundcloud:www.soundcloud.com/lenmuller

 

Vir optrede besprekings kontak: bookings@kanadarecords.co.za | 083 365 9142

Platemaatskappy: Kanada Records

 

Publisiteit & Bemarking: Alishia van Deventer

Starburst Promosies

Sel: 083 635 4717 alishia@starburstmusic.co.za

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kyle Grant: Grown-Up Christmas list se musiekvideo is hier!

Die uiters gewilde en talentvolle, Kyle Grant, het onlangs sy enkelsnit, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, vrygestel. …

Jauni M stel nuwe enkelsnit bekend!

Jauni M het gedurende Junie 2019 haar debuut-album,  NIEMAND ANDERS, uitgereik en daarmee bewys dat sy …