Saterdag , Julie 20 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Laurika Rauch vier veertig jaar in die bedryf met versamelstel!

Laurika Rauch vier veertig jaar in die bedryf met versamelstel!

Die legendariese Laurika Rauch vier vanjaar veertig jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en ter viering van die dié mylpaal het sy pas ’n eens-in-’n-leeftyd versamelstel, wat vyftien albums bevat, vrygestel. Dié versameling sal ’n beperkte oplaag van slegs 1 000 eenhede geniet en daar sal geen herdruk wees nie. 

Vir dié versamelstel het sy veertien albums uit haar omvattende katalogus gekies wat haar loopbaan die beste verteenwoordig. Die gevoel was egter dat daar op van die albums wat nié ingesluit is nié, tog liedjies is wat vra om ook gehoor te word. ’n vyftiende album, getiteld ’n Versameling, is dus spesiaal by hierdie versamelstel ingesluit.

Laurika se musiek is sinoniem met nostalgie diegene wat dié versamelstel aanskaf, kan al hul mooi herinneringe in een een mooi boksie bymekaarhou. 

“Om dankie te sê aan almal se ondersteuning deur my afgelope veertig jaar in die bedryf, wou ek hierdie werklik ’n kwaliteitaanbieding maak. Elke eenheid bevat ook ‘n mooi boekie wat deur my genommer en onderteken is,” het Laurika gesê. 

Aanhangers kan onder meer uitsien na haar eerste album, Debuut en na die album, Jy is te dierbaar, wat ook deel vorm van dié vrystelling. Die volle album van Jy is te dierbaarsal nêrens anders as in dié versamelstel in die toekoms beskikbaar wees nie.

Ian Vos van Coleske Artists, het ’n hele paar CD’s uit die stel herbemeester en dus kan aanhangers ook uitsien na beter klankkwaliteit van van haar vroegste albums – en hulle sal met nuwe ore luister na hierdie vars weergawes van haar musiek. 

Dit is slegs aanlyn, by Maroela Media se aanlynwinkel, Die Koöperasie, beskikbaar en sal deur Postnet versend en afgelewer word. Om een van dié versamelstelle aan te skaf, kan die volgende skakel besoek word: http://bit.ly/LaurikaRauch40Jaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Julanie J reik nuwe enkelsnit uit – Dalk is Ek!

19 Julie 2019, Johannesburg: Die gewilde jong sangeres en liedjieskrywer Julanie J se enkelsnit “Dalk …

André Schwartz vier sy pad na sukses met ‘n splinternuwe album, enkelsnit en vertoning!

“Elkeen van ons het ’n pad wat ons in die lewe moet stap. Soms is …