Saturday , May 15 2021

Landswye voorskou van Ballade vir ’n Enkeling op 18 Maart 2015!

Final Poster - Jan 2015Ballade vir ’n Enkeling en Ster-Kinekor Entertainment het besluit om ’n landswye voorskou van die film Ballade vir ’n Enkeling te hou. Met hierdie geleentheid sal Suid-Afrikaners die kans kry om Ballade vir ’n Enkeling te gaan kyk op Woensdagaand 18 Maart 2015, twee dae voordat die film amptelik op die grootskerm landswyd begin draai. Die voorskou van die film sal by Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters landswyd vertoon word.

Vir die publiek wat net nie meer kan wag om die film te sien nie is die voorskou ’n gulde geleentheid om die afwagting van korter duur te maak en diegene wat hierdie geleentheid misloop kan die film eersdaags vanaf die openingsnaweek op 20 Maart in teaters landswyd gaan kyk.

Vir besprekings en meer inligting, besoek gerus Ster-Kinekor by www.sterkinekor.com, Nu Metro by www.numetro.co.za of besoek die naaste onafhanklike teater.

Hier is die nuut vrygestelde musiek video van Die Heuwels Fantasties se Ballade vir ‘n Enkeling wat ook op diè rolprent se klankbaan te hoor is:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

7 wen Beiteltjies-toekenning

Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is gisteraand, 30 November 2020, deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die …

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.