Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

kykNET se verjaarsdaggeskenk aan kykers – Boekklub 3!

Dis meer as drie jaar sedert kykNET-kykers die inwoners van Merweville met groot hartseer gegroet het, met die gedagte dat dit verewig sou wees. Maar, ter viering van kykNET (DStv-kanaal) se 21ste verjaarsdag, wag daar ‘n groot bederf op kykers in 2021 – Tom, Lillie, Anna, Sofia en die res is in Februarie 2021 terug vir die derde seisoen van Die Boekklub!

Die Boekklub se derde seisoen speel af in 2024. Na die afsterwe van ’n boekklub lid keer Tom (Armand Aucamp) terug na Merweville vir die begrafnis. Weens ’n sameloop van omstandighede besluit hy om ’n bietjie langer te vertoef in die dorp en herontdek hy nie net die boekklub, maar ook homself.  

Armand is opgewonde oor die terugkeer van Die Boekklub: “Om nog ‘n seisoen van Die Boekklub te kan aanpak, is werklik om na my tweede familie te kan terugkeer; dit voel asof ek weer ‘tuis’ is. Om in Tom se skoene weer te kan staan, maak my inniglik gelukkig. Ek weet die kykers gaan dieselfde voel! Ek sien uit om almal weer in Merweville te verwelkom!’

Louis Pretorius en Albert Snyman, die vervaardigers van die reeks, sê: “Die derde deel van Die Boekklub is ’n oomblik vasgevang in tyd. Die storie speel af oor drie maande op ’n tyd waar baie van die karakters voor ’n kruispad staan. Maar ten spyte van al die aanslae van die lewe ontdek en herontdek die karakters die mag van die liefde. Dit is ’n verhaal van hoop, waar die nag skynbaar op sy donkerste is, maar die son altyd deur die wolke breek en skyn oor Merweville en sy mense.” 

Die Boekklub word tans verfilm in Merweville, Stellenbosch, Strand en Somerset-Wes. Die regie word behartig deur Nina Swart en is geskryf deur Louis Pretorius en Albert Snyman.

*Die Boekklub sal op kykNET (DStv-kanaal 144) in Februarie 2021 uitgesaai word.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Temalied en musiekvideo deur Jack Parow- en Loki Rothman gaan ‘n groot treffer wees hierdie somer

As jy, soos die res van die wêreld, genoeg gehad het van 2020, sal Jack …