Bok van Blerk is vir ‘n baie spesiale rede genooi om Vrydag, 28 November 2014, ‘n verskyning te maak in BINNELANDERS vir ‘n verrassingsoptrede in Nagskof, maar daardie rede kan ons nie nou al verklap nie! Wat ons wel kan sê is dat hy Suid-Afrika wereens gaan vermaak deur die temalied van die nuwe fliek, Leading Lady, waarin hy die rol van Kobus Willemse – ‘n boer van Brandfort – vertolk, te sing. Bok is darem nie vreemd op die stel nie, want Robbie Wessels se karakter in BINNELANDERS, Kobus Marais, is goed bevriend met die sanger en akteur. Die beste kom nog, want wanneer Bok SOUTWATER sing (geskryf deur Hunter Kennedy en Fred den Hartog), is dit nie die enigste verrassing wat op die Binnelanders in Nagskof wag nie! Kyk gerus Binnelanders Vrydagaand, 28 November om 19:30 op KykNet en onthou dat Leading Lady op dieselfde dag in teaters landwyd begin draai.
