Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / [Kyk] Thys & Trix lokprent!

[Kyk] Thys & Trix lokprent!

Thys & Trix’, die skaterlag aksiekomedie met Leandie du Randt Bosch en Bouwer Bosch in die hoofrolle, se lokprent is van vandag af aanlyn te sien!

Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige maar onbeholpe polisiemanne. Thys is ’n bedagsame knoeier en Trix ’n ongeskikte, sexy rabbedoe. Hulle onderlangse twis en die feit dat hulle van kleins af sukkel om saam as ’n span te werk, veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens een keer te veel in die verleentheid stel.

Speurder Solomons, ’n gesoute en passievolle speurder, ondersoek die bedrywighede van ’n dwelm-sindikaat in ’n hoogs onwaarskynlike plek: ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai.

Daar is egter een probleem, Solomons gaan sukkel om in te pas in die landgoed en vanweë hulle ‘vanilla-voorkoms’ word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei, of eerder te laat ly. Solomons sal hulle vergesel, maar is glad nie ingenome met die feit dat hy die butler gaan wees nie.

Trix besef dit is haar laaste kans om haarself as ’n bekwame polisiebeampte te bewys. Thys weet dit is sy laaste kans om die moeilike verhouding met sy suster te red, maar die feit dat hulle moet voorgee om ’n getroude paartjie te wees om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie, dikwels met onverwagse, verreikende en skreeusnaakse gevolge.

Kragpaar Chandré en haar katelknapie André, gay-kunshandelaars Stephán en Gerhárd, hippie-swingers Ben en June en die lieflike jong weduwee Heidi, is Thys, Trix en Solomons se nuwe bure.

Hierdie groepie kleurvolle karakters van Pelican Close in Pinnacle Point is glad nie wat ’n mens sal verwag van luukse landgoed bewoners nie, maar is enige van hulle moontlik betrokke by die vervaardiging en verspreiding van MTHC, ’n verlammende hallusineringsmiddel?

Die rolverdeling sluit ook in Brendon Daniels, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Charlie Bouguenon, Deon Coetzee, Ivan Zimmerman, Chanelle de Jager en Carine Rous.

Die film word vervaardig onder leiding van Danie Bester van The Film Factory en die regie is behartig deur die bekroonde regisseur Quintin Krog van ‘Vir Die Voëls‘ en ‘Ballade vir ’n Enkeling’.

Thys & Trix’ word landswyd op 22 Junie 2018 deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik. GrootFM is die trotse mediavennoot van die film.

Kyk die lokprent hier:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Suid-Afrika swem saam STROOMOP!

Stroomop is amptelik op Vrouedag, 9 Augustus vrygestel in fliekteaters landswyd. Met reuse afwagting vir …

Fliek oor Ellen Pakkies se lewe sal kykNET Silwerskermfees open!

Die fliek oor Ellen Pakkies se lewe, ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE, het reeds oorsee …