‘[Kyk] Thys en Trix’ is ’n skaterlag aksiekomedie wat middel 2018 in teaters gaan verskyn.

74

Thys en Trix’ is ’n skaterlag aksiekomedie met Leandie du Randt Bosch en Bouwer Bosch in die hoofrolle.

Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige, onbeholpe polisiemanne. Thys is ’n bedagsame knoeier en Trix ’n ongeskikte, sexy rabbedoe. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel.

Speurder Arends, ’n gesoute en passievolle speurder, ondersoek die bedrywighede van ’n misdaad-sindikaat in ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai. Vanweë hulle ‘vanilla-voorkoms’ word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei.

Die feit dat hulle moet voorgee om ’n getroude paartjie te wees om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie.

Die film word vervaardig onder leiding van Danie Bester van The Film Factory en die regie is behartig deur die bekroonde regisseur Quintin Krog van ‘Vir die Voëls‘ en ‘Ballade vir ’n Enkeling’.

Thys en Trix’ word landswyd op 22 Junie 2018 deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Kyk die THYS & TRIX lusmaker lokprent HIER!

THYS & TRIX Kontak:

Facebook

Instagram

Webtuiste

#PoliceToMeetYou #ThysEnTrix #22Jun2018

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie