Dinsdag , Oktober 23 2018
Home / Afrikaanse Musiek / [Kyk] Nuwe Vrystelling van Stephantasties Ft. MWAH!

[Kyk] Nuwe Vrystelling van Stephantasties Ft. MWAH!

Die gesegde loop: “Twee is beter as een” – en juis vir daardie rede is ons baie opgewonde oor die feit dat duo groep MWAH en Stephantasties kragte saamgesmelt het, met ‘n splinternuwe enkelsnit.

Stephantasties wat al vir meer as 10 jaar in die musiekbedryf is en voormalige lid van die populêre groep NRG was, het nie net met sy sang talent gespog in die nuwe vrystelling nie, maar hy het ook self die liedjie geskryf  en vervaardig. “Daar is nog nie baie Afrikaanse liedjies in hierdie styl nie en dit gaan jou laat dans soos jy nog nooit gedans het nie” vertel Stephan. “Moenie Ophou, is een van sy soort.

Die meisies duo MWAH, wat bekend is vir hulle voel-goed musiek, het hulle unieke klank en smaak ook na die liedjie toe gebring. “Toe ons begin werk het saam met Stephantasties, het ons dadelik geweet hier kom iets anders” vertel Franzel. Hulle vorige “colab” was ‘n reuse sukses en het al oor die 2.5 miljoen trefslae op Youtube.

“Hierdie liedjie is ‘n lekker saam sing en dans liedjie en ek glo die #Mwahsters sal sa met my stem” sê Loriska met baie opgewondenheid oor “Moenie ophou”.

“Moenie ophou” is ook ‘n voorsmakie van wat ons kan verwag van Stephantasties se debuut album wat einde September beskikbaar gaan wees en definitief iets om na uit te sien.

Die musiekvideo van “Moenie ophou”, wat vrygestel gaan word die 1ste September, weerspieël ook die prettige en vrolike element van die liedjie.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Blink klere en ‘n pianis agter op ‘n bakkie!

Rocco de Villiers se splinternuwe enkelsnit, Wat om te dra agter op ‘n Bakkie, is …

Early B reik enkelsnit uit saam met Jack Parow en Justin Vega

Die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies, …