[Kyk] Lusmaker lokprent vir My Father’s War bekendgestel!

169

Die lusmaker lokprent vir die unieke Suid-Afrikaanse film, My Father’s War, is op 16 Mei 2016 om 12h00 bekendgestel.  Kyk die lokprent hier: 

Hierdie tweetalige (Afrikaanse/Engelse) drama fokus op die gebroke verhouding tussen ’n pa en sy rebelse tienerseun.

Die rolprent speel in 2003 af en die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt), baklei aanhoudend met sy pa, Dawid (Stian Bam), ’n veteraan van die Grensoorlog. Die mans stem oor niks saam nie en daar is klaarblyklik geen hoop op versoening tussen hulle nie. Boonop is Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels) in die middel van hul epiese worsteling vasgevang.  

Dan kry Dap ’n reeks drome waarin hy ’n gevegsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s is. Daar ontmoet hy sy pa op sy ouderdom, en hierdie drome verander Dap se persepsie – en lewe – heeltemal. Daar is nie terugkeer nie. Maar wat is die pad vorentoe?

Die fliek kombineer die tema van ‘n gebroke verhouding met dié van die Grensoorlog.  Droomtonele is geskep en oorbrug die die gaping selfs al het die oorlog feitlik dertig jaar gelede plaasgevind.  Regisseur, Craig Gardner sê: “Elke droom is geskep om die ontvouende storie te onthul. Dus is daar nie enige ongeoorloofde vegtonele nie. Die oorlogsdrome is eerder mikrokosms van regte gebeure wat by fiksie aansluit om óf die karakters óf die storielyn te bevorder – klein ‘mini-stories’ – binne die groter verhaal.”

Gardner gaan voort, “Die oorlog is as ’n kreatiewe instrument gebruik om die storie van die pa en seun tot ’n uitkoms te dryf. Ons het met opset nie ’n morele standpunt oor die konflik self gelewer nie. Hierdie is nie ’n Grensoorlog-rolprent nie – dit is ’n verhoudingsdrama, wat die kern van feitlik elke suksesvolle fliek is. En My Father’s War fokus op die gebroke verhouding tussen ’n pa en sy seun.”

Die fliek sal aanklank vind by ‘n wye publiek, maar ook by elkeen wat deur die oorlog geaffekteer is, soldate, vroue, mans, kinders en ouers.  Dit sal herinneringe oproep, spoke wegdryf en help om meer begrip vir kykers te gee – selfs diegene wat niks met die oorlog te doen gehad het nie.  Enige ouer en kind sal aanklank vind by hierdie flike op ‘n persoonlike vlak.

Ander akteurs wat ook in die fliek te sien sal wees is Neels Clasen, Hannes Muller, Meren Reddy, Fumini Shulubana, Jai’prakesh Shewram, Vian Singleton en David Rees.

My Father’s War word op 5 Augustus 2016 landswyd in filmteaters vrygestel en word vervaardige deur Lion Mountain Films en uitgereik deur Ster-Kinekor Entertainment.

Sosiale Media skakels  

Facebook

Twitter:                @myfatherswar

                               #DieWaarheidSalJouVryMaak

Instagram:          Myfatherswar

#DieWaarheidSalJouVrymaak

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments