Woensdag , Augustus 21 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / [Kyk] Liewe Lisa se lokprent bekendgestel!

[Kyk] Liewe Lisa se lokprent bekendgestel!

LIEWE LISA, die debuutfilm van KOMPANJIE STORIES, se lokprent is nou aanlyn te sien. Die film word vrygestel op 14 Februarie 2019 en kykers sal Hendrik Cronje en Elani Dekker in die hoofrolle sien.

Die film LIEWE LISA is nie net die filmmakers se eerste produksie nie, maar het ook as inspirasie gedien vir die begin van ’n nuwe produksiemaatskappy, naamlik KOMPANJIE STORIES, met die uitsluitlike missie om ware en oorspronklike storie-gebaseerde films aan die Afrikaanse mark te bring.

Die draaiboek is deur Hendrik Cronje geskryf en is geïnspireer deur die film, THE GRADUATE (1967). Vanweë Hendrik se groot behoefte om sy eie films te maak, het hy kragte saamgesnoer met sy broer, Johan Cronje, en hulle het begin gesels oor LIEWE LISA, toekomstige films en die behoefte aan storie-gebaseerde rolprente gebaseer op die werklike lewe. Gevolglik het hulle besluit om LIEWE LISA en ander toekomstige films self te vervaardig.

LIEWE LISA se regie is deur Hendrik Cronje behartig, en hy vertolk ook die hoofrol van Daniel in die film. As skrywer, was die rol van Daniel in sy brein gegiet, wat aan die produksie die ekstra voordele van die karakter gebied het. Die regie van die film was nooit onderhandelbaar vir Hendrik nie, aangesien hy homself eerstens as ’n regisseur beskou, tweedens as ’n skrywer en derdens as ’n akteur. Om daardie redes het die broers besluit dat Hendrik die regisseur sou wees, asook die hoofrol sou vertolk.

Daniel (Hendrik Cronje) is deurmekaar en bekommerd oor sy toekoms. Hy gradueer binnekort en gaan sy loopbaan eersdaags begin, maar het ’n geheime droom om ’n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ’n buite-egtelike verhouding met ’n invloedryke besigheidsman se vrou. Na die verhouding verby is, ontmoet Daniel vir Lisa (Elani Dekker), die dogter van dieselfde besigheidsman. Teen sy belange, raak Daniel verlief op Lisa. Die foute van sy verlede haal hom in en Daniel roep die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en hy ontmoet vir Tom (Zane Meas) – ’n eenvoudige visserman. Daniel verwyl sy dae deur vis te vang en om met Tom te gesels oor die lewe en die liefde, en hy deel sy herinneringe van die verlies van sy lewensmaat. Tom onthul ’n ander kant van homself aan Daniel en help hom om sy ware potensiaal te bereik.

LIEWE LISA se rolverdeling sluit in Hendrik Cronje, Elani Dekker, Zane Meas, Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Chrystal-Donna Roberts en meer! Die film word landswyd op 14 Februarie 2019 deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe Quentin Krog-rolprent, ANDER MENS, hierdie naweek op die grootskerm!

Vanaf 23 Augustus 2019 is Bennie Fourie, Marlee van der Merwe, Frank Opperman, James Borthwick, André Weideman, Laudo Liebenberg, Tim Theron, Jana Cilliers, Lika …

DIE-anner-LEWE: ‘n Teater aand met spookstorie vertellings en sang!

Verbeel jou, dit is ‘n donker aand daar buite. Jy en ‘n paar gaste sit …