Monday , November 29 2021

[Kyk] Dozi se nuutste musiekvideo pas bekend!

Die uiters talentvolle en gewilde Dozi, het in Mei 2020, sy eerste enkelsnit, Partykeer Somtyds, vanaf sy nuwe album, Vrede (wat in Junie bekendgestel is), vrygestel. Die liedjie is baie goed deur talle radiostasies ontvang en pronk landswyd op verskeie trefferparades. Nou volg sy tweede enkelsnit en video vanaf hierdie album, EK WIL VIR JOU SÊ.

“Die liedjie is gedurende inperking deur Stef Kruger geskryf. Dit handel oor ‘n persoon wat op toer is of weg van die huis af en dan terugkeer na sy geliefde toe. As gevolg van die afwesigheid, word daar baie druk op ‘n verhouding geplaas. Die liedjie is vir my baie spesiaal, want die lied het ontstaan toe ek deur presies dieselfde omstandighede en emosies gegaan het”, vertel Dozi oor die lied.

Die video van hierdie enkelsnit is geskiet op Dozi se plaas. Wian van der Walt het die regie behartig en George van Rooyen het gehelp met die konsep van die video.

Dozi se negentiende album, Vrede, met twaalf oorspronklike snitte, waarvan hy drie liedjies self geskryf het is op alle digitale platforms beskikbaar. Die inhoud kan hoofsaaklik beskryf word as ’n kombinasie van dieper dinkmusiek, wat hier en daar afgewissel word met ’n ligter dansnommertjie.“Die rede hoekom ek musiek skryf, is om iets in die wêreld beter te maak. Musikante is dissipels van die wêreld en dis hulle werk om mense se siele gelukkig te maak. As jy ongelukkig is en jy luister na die regte musiek, dan voel jy beter,” voeg Dozi by.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram: @doziopperman

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …