Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Kwarantyn week 1 – alles wat jy moet weet!

Dinge is bedrywig in die Kwarantyn-huise! As die families gedink het die 50 dae gaan ‘n vakansie wees, het hulle vining anders uitgevind.

Kwarantyn is kykNET se nuutste realiteitsreeks wat op Woensdag 10 Junie afgeskop het. Twee families, die Le Roux’s en die Scheepers, ding vir 50 dae mee vir kykers se stemme terwyl hulle vir 50 dae in kwarantyn moet leef. ‘n Kontantprys van R250 000 is op die spel.

#SpanLeRoux en #SpanScheepers is nou ‘n week in die Kwarantyn-huise en het al heelwat aktiwiteite, take en uitdagings gekry wat hulle besig hou. Van bordspeletjies, karaoke en sokkie-dansery tot braaikaskenades, kosuitdagings en ‘n skildersessie – hul tyd op Kwarantyn is alles behalwe vervelig!

#SpanLeRoux het op Dag 2 besluit om #SpanScheepers ‘n poets te bak – sou dit wees omdat die kykers besluit het dat net #SpanScheepers nagereg mag kry? Kyk hier wat het gebeur:

Ma Jana van #SpanLeRoux is ook die spreekwoordelike Moeder Hen – sy het die jong kykers op Dag 4 met ‘n storie oor Gielie die Mielie vermaak. Luister hier na die storie:

Kykers kry gereeld die geleentheid om te kies watter een van twee familielede ‘n betrokke dag nie aan ‘n uitdaging of oefensessie hoef deel te neem nie. En, hoe meer volgelinge die families op Instagram kry, hoe meer voorregte kan hulle na uitsien. Die families is kop-aan-kop en kompeteer kliphard vir die meeste volgelinge. 

Kykers kan deurentyd vir hul gunsteling familie gaan stem. Kyk hier na die verskillende maniere waarop daar gestem kan word:

Alhoewel albei families duidelik baie pret het en positief oor die ervaring is, meen Die Opsigter, Ferdinand Rabie, dat kykers kan uitsien na “groot sports”. “Een week is nou maar verby – daar lê nog ‘n lang tyd in die huis voor,” meen hy. “Ek, Die Opsigter, kyk nog die kat uit die boom en gee hulle kans om te settle – ek gaan binnekort lekker met hulle begin speel.”

Prettige feite oor Kwarantyn

Kykers kan 24 uur van die dag, sewe dae van die week die twee families van Kwarantyn dop hou op die Opwipkanaal op DStv-kanaal 149, maar daar is ‘n paar interessante feite oor Kwarantyn wat kykers waarskynlik nie weet nie:

  • Die twee huise waarin die families woon is bestaande huise in ‘n woonbuurt in Johannesburg.
  • Dit het die produksiespan ses weke geneem om die huise mooi te maak en te meubileer.
  • Daar is 56 kameras in die twee huise.
  • Daar is 20 monitors in die beheerkamer waarop die families dopgehou word.
  • Die families word 24/7 dop gehou in drie skofte in ‘n 24 uur-periode. Daar is nege spanlede per skof.
  • Meer as 100 produksielede is betrokke by Kwarantyn.
  • Alhoewel die Kwarantyn-huise in Johannesburg is, beheer Die Opsigter, Ferdinand Rabie, alles vanuit Kaapstad. Dit word moontlik gemaak deur moderne tegnologie in te span.

Ontmoet Vlooi en Max

Kykers het #SpanLeRoux se hondjie, Vlooi, op dag 4 ontmoet, maar #SpanScheepers is eers onlangs verras met Max wat by hulle familie aangesluit het.

Vlooi is ‘n worshondjie en sy is agt jaar oud. Sy is deel van #SpanLeRoux se familie vandat sy baie klein is. Alhoewel sy eintlik aan Lisa behoort, is Braam haar gunsteling familielid en slaap sy ook by Jana en Braam. Sy is lief daarvoor om bene in die huis te ‘begrawe’, soos ‘n hond ‘n been in die tuin sou begrawe. Vlooi het kanker, so die familie probeer haar laaste tyd so gemaklik as moontlik te maak. Volg Vlooi op Instagram by vlooi_kwarantyn.

Max is die nuutste Kwarantyn-familielid wat by #SpanScheepers in pleegsorg geplaas is. Hy kom van 4Paws, ‘n dierewelsynsvereniging in Fourways. Vir meer inligting oor Max en van hul ander diere wat aangeneem kan word, kontak 4Paws per epos tammy@4ourpaws.org.za of per telefoon by 083 377 3219​. Volg Max op Instagram by max_kwarantyn.

  • Bly op hoogte van wat op Kwarantyn gebeur op kykNET.tv
  • Kyk Kwarantyn 24 uur van die dag, sewe dae van die week, op kykNET se opwipkanaal vir Kwarantyn, DStv-kanaal 149.
  • Hoogtepunte episodes Maandae, Dinsdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae om 17:00 en Woensdae om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144.
  • Goeie nuus! Die hoogtepunte-episodes van Kwarantyn saai ook vanaf 18 Junie Maandae, Dinsdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uit.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Temalied en musiekvideo deur Jack Parow- en Loki Rothman gaan ‘n groot treffer wees hierdie somer

As jy, soos die res van die wêreld, genoeg gehad het van 2020, sal Jack …