Kurt Darren se ‘Laat die dansvloer brand’ is so lekker, dis amper gevaarlik!

227

15 jaar nadat Kurt die Afrikaanse musiekmark stormgeloop het, wéét die onbetwisbare koning van Afrikaanse dansmusiek steeds hoe om die planke behoorlik te laat wip!
Sy nuwe album beslaan 14 snitte wat daai fyn balans tussen lekker opskop-sokkie en rustig dans presies regkry.
Snitte soos “Warrelwind se kind”, “Jy’s ‘n legend”, “Fluit fluit”, “Gravitasie manipulasie”
en die titelsnit is by uitstek gerat vir ‘n behoorlike skoffel, met ‘n gesonde mengsel van pop, rock, ‘n bietjie van ‘n techno-ondertoon en ritmes met tonne skop wat dit duidelik maak dat dié album nie vir uitsitters of draadsitters gemaak is nie!

Rustiger nommers soos “Boesem”, “Alle paaie lei na liefde”, “Daar vat jy my asem weg” en “Haal asem” dra ‘n meer intieme geur, met meevoerende kitaarsolo’s wat per geleentheid bo die ander instrumente uittroon en ‘n hart sonder twyfel nog daai ekstra bietjie warmer sal laat klop!

Kurt span ook kragte met ander A-klas kunstenaars saam vir die lekker tong in die kies partytjieliedjie, “Selfie song”, met Snotkop en Leah.
‘n Treffende duet oor sielsdiepe liefde, “Depth of my heart”, met Corlea Botha asook sy eie, uitstekende interpretasie van Ed Sheeran se treffer, “Perfect”.

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

“Laat die dansvloer brand” vier die lewe, sy dinge, sy mense en, natuurlik, die liefde. Die album is tonne pret, maar ook diep en sielvol.  Dis baie soos ‘n goeie wyn: die produk van jare se toewyding tot uitnemendheid – een wat weet hoe om die skerper, meer speelse geure perfek met ‘n sagter, meer delikate tekstuur te verenig in iets wat jou sal laat sê: “Dié, proe soos nog!”

Die album is vanaf 17 November landswyd beskikbaar.

Hiermee stel ons Kurt Darren se nuwe enkelsnit asook die titelsnit van sy nuwe album, “Laat die dansvloer brand”, bekend.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie