Saturday , January 23 2021
Cheap domain registration and hosting!

Kurt Darren maak die Partytjiedier Vrydag los

Dis geen geheim dat Kurt Darren presiés weet wat om in ‘n partytjie-album in te meng sodat hy behóórlik skop nie. Met sy nuutste, witwarm vrystelling, “Partytjiedier”, wys weereens waarom sy musiek regoor
Suid-Afrika elke partytjiedier wakker maak! Hierdie blinknuwe album beslaan dertien snitte – elk met ‘n aansteeklike energie wat jou eenvoudig nie sal toelaat om vir ‘n oomblik stil te sit om asem te skep, óf ‘n slukkie iets te drink nie.
Die polsende baslyne en ritmes wat jou hele binneste – en die lyf wat daaraan vas is – roer, tesame met sterk tegnogeure, eteriese ondertone, slim verweef met solo-instrumente en selfs ‘n tikkie simfonie, sorg reeds vir iets met tonne partytjie-oemf.
Kombineer dít met liriek, stem en seepgladde harmonie en jy kry iets wat ranglyse aan die brand gaan sing en dansvloere oraloor stampvol gaan hou!

#Partytjiedier is vanaf 11 Oktober landwyd en digitaal beskikbaar!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Water onder Andriëtte se brug!

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars …