Ek het die voorreg gehad om Sondag bietjie bier te drink en na uitmuntende musiek te luister. Nee, nie van my slimfoon af nie, maar lewendige musiek, sonder enige gesynkroniseerde dromme, en, en, en… Dit was Koos Kombuis, in Knysna by die Mitchell’s brouerye.
“En die hele wèreld word still…” behoorlik terwyl ek op so lieflike warm dag buitenshuis ‘n yskoue plaaslik gemaakte bier drink.