Vrydag , Julie 20 2018
Home / Food & Wine / Kom laat jou sintuie feesvier in Pretoria!

Kom laat jou sintuie feesvier in Pretoria!

Wat kry jy wanneer jy op ’n Saterdag die beste musiek, smaaklikste kos, lekkerste wyn en oulikste kindervermaak kombineer by een van die gewildste kuierplekke in Pretoria? ’n Onvergeetlike buitelug-feesdag, wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal saamtrek vir die kuier van die jaar!

PROE’TORIA, die derde van sy soort in Pretoria, sal op 25 Augustus 2018 plaasvind op die gronde van een van die gewildste kuierplekke in Gauteng, Weiveld! Volgens Leon Pheiffer, stigter van die fees, is dit beslis nie ’n geleentheid om mis te loop nie. “Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankies in die land bied om van te proe en te koop nie, maar ook die mooiste kunswerke, ’n speelpark om die jongspan gelukkig te hou, en optredes deur van die beste musikante in die bedryf,” verklap hy. “Spesifieke sangers is vir die geleentheid gekies omdat hulle weet hoe om ’n fees aan die gang te kry en aan die gang te hou. Hulle is baie gewild in die musiekindustrie en gaan definitief die dag vir elke bywoner die moeite werd maak met van hulle grootste treffers.”

Die publiek kan daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Elvis Blue, Touch of Class, Nadine, Leah, Tussen Sterre, Johrné van Huyssteen, Jemma, 2nd Life, Spoegwolf, Ampie en meer. “Ek was deel van die vorige twee feeste en voel al soos deel van die gesin. Met die ekonomie wat af is, spaar mense waar hulle kan. Hierdie fees is op Pretorianers en ander Gautengers se voorstoep en bied goeie feesaanbiedinge, wat beteken jy kan brandstof en geld spaar deur dit by te woon en jouself geniet,” meen Ampie.

Buiten vir die musiek, sal daar meer as 120 buitelug kos-, wyn-, kuns-, en kunsbierstalletjies, van verskaffers, uitstallers en wynplase regoor die land, wees om van te kies en sal die kinders besig gehou word met ’n opwindende speelpark en ander oulike vermaak, sodat niemand uitgelaat voel nie. Deur deel te wees van dié spesiale dag, doen jy ook jou deel vir liefdadigheid, omdat van die fondse op die dag geskenk sal word om Caring Daisies te help met die wonderlike werk wat hulle vir minderbevoorregtes doen.

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/ProetoriaFees/

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

As bobaasbraaier kort jy bobaasbraaivleis dié somer!

Om te braai is tweede natuur vir meeste Suid-Afrikaners. Of die son nou skyn of …

Die Heuwels Fantasties kry hulle eie borrels vir kersfees!

Die Heuwels Fantasties se Borrels vir Kersfees is net betyds!  Almal kort ietsie vir die …