Maandag , Februarie 18 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Kerry Lee praat uit oor haar beter helfte met nuwe enkelsnit!

Kerry Lee praat uit oor haar beter helfte met nuwe enkelsnit!

Na die suksesse van haar vorige album wat treffers soos ‘Shut up en soen my’ en ‘Dans in die  Reën’ opgelewer het, is Kerry Lee terug met ‘n splinternuwe enkelsnit wat die hartsnare op ‘n huppelstap gaan aanraak. ‘Beter Helfte’ uit die pen van skrywer, Emil Struwig, fokus op die feit dat jy jou ‘beter helfte’ gevind het, daardie persoon wat jou lewe heel maak.

Die liedjie het ‘n baie persoonlike boodskap vir my en ek glo dit sal ook die luisteraars se harte aanraak. Moet nooit oorhaastig wees nie. My Ouma het altyd gese, elke pot het sy deksel, maak nie saak hoe dom of skeef nie. Wees geduldig en met die genade van ons Hemelse Vader sal elke een sy beter helfte ontmoet’, verduidelik Kerry Lee.

Die liedjie het lekker ritme terwyl dit ook ‘n belangrike boodskap oordra en sal aanklank vind by jonk en oud.

Dit is regtig iets vir almal; of dit nou ‘n kys, verlowing of huwelik is; almal glo in die liefde.’

Kerry Lee praat uit eie ondervinding wat sy het ook selfs onlangs met die troupaadjie afgestap.

Die idee van hierdie liedjie het begin as gevolg van die feit dat ek my beter helfte getrou het. Of ons die nou wil erken of nie, ons almal het streke en geite wat nie 100% is soos dit moet wees nie. En  dit is hoekom my man, Rudolph, my beter helfte is. Hy vul my aan waar dit nodig is en ondersteun my in alles wat ek aanpak.’ vertel sy.

Kerry Lee is baie opgewonde vir wat die nuwe jaar inhou.

Ek wil ook darem nou nie heeltemal die aap uit die mou laat nie maar julle kan uit sien na nog ‘n paar nuwe klanke!! Hou die spaie dop!’

Meer Oor Kerry Lee

Kerry Lee het die afgelope paar jaar reeds diep spore kom trap in die harte van aanhangers regoor die land. Hierdie lewenslustige brunet hou al vandat sy drie jaar oud is konsert en het op die ouderdom van elf self ingeskryf vir haar eerste Eistedfod.

Kerry Lee het groot bewondering vir kunstenaars soos Dolly Parton, Barbara Ray en Shania Twain en dit is daarom geen verrassing dat haar eerste album, wat ook vir ‘n Kyknet Ghoema benoem is, ’n kombinasie van moderne country-musiek is nie.

Kerry Lee se gunstelingaanhaling oor die lewe kom uit die liedjie, Country Strong, en gaan daaroor om nooit op te hou glo en baklei vir dit wat jy wil hê nie en sy is ’n spreekwoordelike voorbeeld van hoe harde werk jou drome kan waar maak. As sy nie ’n sanger was nie, sou sy graag ’n forensiese antropoloog wou word, maar gelukkig het sy dit liewer aan die span van Bones oorgelaat, want dit is in die harte en ore van musiekliefhebbers, waar sy die grootste verskil kan maak.

VOLG HAAR AANLYN OP

Twitter: @KerryLeeMusic

Facebook: @Kerry Lee

Instagram: kerryleemusic

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit, Vat My Huistoe vrygestel en beloof om luisteraars …

Samantha Leonard stel nuwe musiekvideo bekend!

Samantha Leonard se tweede enkelsnit, Jou Hart Sal Heel Raak, is onlangs vrygestel en nou …