Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Blog Post

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

November 26, 2020 Afrikaanse Musiek
Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer en suksesvolle ondernemer met haar liefde vir modeontwerp en eie klerereeks. Dit is nie haar enigste talent en liefde nie. . .

Nou betree sy die Afrikaanse musiekbedryf met haar eerste solo-enkelsnit, The Sass en beloof om een van die grootste treffers te wees van die jaar. Die enkelsnit beskryf Katinka presies soos sy is; vol energie, sassiness en kreatiwiteit. The Sass maak sy opwagting na sy sukses geniet het in die treffer Doef Doef saam met Synth Peter.

Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf is honger vir ‘n vroulike kunstenaar in die bekende elektroniese-pop afdeling wat meestal dominant is by manlike kunstenaars. The Sass sal aanhangers aanhits om te glo dat elkeen van hulle Sassiness in hulle het.

Hierdie vakansie-treffer sal Katinka se duisende gevestigde aanhangers aangenaam verras asook nuwe aanhangers in palm. Met die unieke internationale-klank-produksie en sassy lirieke beloof hierdie nuwe enkelsnit vir lank in jou kop te bly. En daar is nog ‘n verrassende musiekvideo ook wat jou sal laat reggop sit.

BRING JOU SASS SAAM MET KATINKA VANAF 27 NOVEMBER 2020