Kaleidoskoop se nuwe musiek-video versprei ‘n boodskap van vergifnis versoening en transformasie

224

Kaleidoskoop het oor drie en ‘n half dae, in die koue Julie-maand, die video vir hul nuutste enkelsnit – Die Goeie – in ‘n klein “dorpie” met die naam Val, geskiet. Die konsep vir die video is deur Jouba, Anique en Paul Hugo (wat ook die video vervaardig het) verfyn. Die boodskap agter die lirieke van die lied is vergifnis, versoening, en transformasie van jou hart deur jou gedagtes te vernuwe.  “Een manier om jou gedagtes te vernuwe is om jou oë op die goeie dinge te hou en die mooi raak te sien in alles en almal om ons”, sê Anique.

Die goeie se video handel oor ‘n gebroke en afgematte swerweling wat wakker word in ‘n oop veld en vandaar doelloos rondswerf. Op sy reis kom hy verskeie mooi situasies en mense tee en sodoende word sy hart weer sag en hy besluit om terug te keer na dit waarvanaf hy weggehardloop het.

Kyk die video hier:

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

Ons hoop om mense wat die video kyk aan te moedig om die mooi wat steeds volop in ons land te vinde is, raak te sien….  Vir mekaar te bid en mekaar te vergewe, nie weg te hardloop van hul seer of vrese nie, maar dit te oorwin deur  hul oë op die goeie te hou!” sê Jouba en Anique.

Interessante feite:

  • Dit het  drie en ‘n half dae geneem om die video te skiet.
  • Die motorfiets in die video behoort aan die hoof-akteur en het omgeval op die waentjie waarmee dit gesleep was en kon vir ‘n hele ruk net tot by 2de rat wissel – wat dit moeilik gemaak het om die vinnige ry-tonele te skiet.
  • ‘n Vriendelike inwoner van Val, wat ook in die video opgeëindig het, het ons gehelp het om dit reg te maak.  Die man se pa (80) het toevallig ook ‘n ou BMW motorfiets in sy garage gehad.
  • Die twee boere in die video is broers.
  • Dit was -8 grade die oggend toe die hoof-akteur in die gevriesde gras moes lê vir die openings-skoot.
  • Al die ekstras in die video is bereidwilliges en hul gesinne van die dorpie Val.
  • Kaleidoskoop moes die lied in dubbeltyd sing in die skote waar hulle in die pad stap om die effek te kry dat hulle in “slow-motion” sing.
  • Daar was ‘n dooie kalf in die agtergrond in die skoot waar die boer saam met sy werkers bid – die kalf het longontsteking gehad.
  • Gaste van die hotel moes die lied amper 12 keer agter mekaar luidkeels aanhoor vir die  orkes-skote in die pad tydens sonsak.
  • Kaleidoskoop het elke aand na die opnames vir almal gebraai en die dag se skote deurgekyk saam met Paul.
  • Die eeste dag se beeldmateriaal is amper verlore deur ‘n foutiewe kamera-kaart, maar is gelukkig herwin!
  • Val het net ‘n hotel en ‘n polisie-stasie. Die eienaares van die hotel (wat van Paul Kruger se direkte nageslag is) speel ook in die video.

SOSIALEMEDIASKAKELS 

Facebook

Twitter: @kaleidoskoop2

Webblad

Instagram: @kaleidoskoopband

YouTube

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie