Jy sal nie raai wie het ‘n duet saam gedoen nie! Cordelia en Pieter Koen!

313

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die wel-bekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen (Man van Staal en Wat die hart van vol is) en reik gedurende die week van 16 Mei die duet enkelsnit, SPEL VAN LIEFDE uit.Cordelia-AC

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ‘n baie aangename mens met ‘n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ‘n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor!”.

SPEL VAN LIEFDE gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ‘n spel van liefde. Almal het ‘n behoefte om deel te wees van ‘n liefdes spel – ons wil hoort … spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alles” sê Cordelia.

Die liedjie is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner en vervaardiger en gemeng by Muse Studios deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

Pieter is net so opgewonde oor die liedjie sê dit was ‘n groot pluimpie om deur Cordelia genader te word om ‘n duet saam met haar op te neem. “Ek het nie twee keer gedink om betrokke te raak nie. Cordelia het al die elemente wat ‘n kunstenaar nodig het om dit te maak, sy is gevestig in haarself as mens en weet hoe sy mense se harte wil bereik deur haar musiek. Ek glo die publiek gaan net so byval vind by die liedjie soos wat ek het. Ek wens Cordelia soveel sterkte toe met haar loopbaan!”

SPEL VAN LIEFDE is beskikbaar op Cordelia se debuut album BREEK DIE STILTE en word versprei deur Real Music Distribution.

Sosiale media skakels:

Facebook    

Twitter: Cordelia_Live

Webtuiste:    www.CORDELIA.co.za

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments