Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Julanie J stel nuwe enkelsnit bekend.

Die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Julanie J se splinternuwe enkelsnit Gegrond is pas uitgereik. Dit is haar derde Afrikaanse liedjie wat in samewerking met Warner Music South Africa opgeneem en vrygestel is. `n Vollengte album word later vanjaar verwag.

Julanie het hierdie gevoelvolle liedjie reeds in 2018 neergepen: “Gegrond was een laataand in `n oomblik van algehele moedeloosheid geskryf. My hart breek altyd as ek stories hoor van wat om ons aangaan. Dit voel soms of almal teenstrydige opinies het en mekaar eerder wil afbreek as wat ons mekaar ondersteun en bemoedig. Nou hier in 2020, in die tyd waarin ons hele land in isolasie is agv die Covid19 pandemie, voel ek nog nader aan die liedjie. Ons het nou tyd om bietjie na te dink. Daar is groot onsekerheid oor die tyd waarin ons leef en dit is nou belangriker as ooit om mekaar by te staan. Ons woorde en dade moet nou sinvol wees.”

`n Vollengte album word later vanjaar verwag. Julanie, wat ook bekend is vir haar besonderse liedjieskryf- vernuf, het saam met die talentvolle musiek-vervaardiger Gideon Botes gewerk om `n baie spesiale album te maak. Botes is bekend vir sy studio- werk met onder andere Nianell, Watershed en die Soweto String Quartet. Julanie sê: “Ons is amper klaar met opnames. Natuurlik is ek nou gedurende lockdown vir eers tuis. Hierdie is die tyd van familie en self love. `n Mens kry mos gewoonlik nooit die kans om net `n lang bad te vat of daai “How to make homemade pasta” resep te probeer nie. Hoekom nie nou? Ek bak ook lekker koekies en kolwyntjies!  Tussendeur is ek besig met die proses om die uitreiking van my album te finaliseer. Ek skryf ook tans nuwe liedjies, daar is baie inspirasie. Ten spyte van hierdie moeilike tye is ek diep dankbaar en optimisties oor die pad vorentoe.”

2019 was `n opwindende jaar vir Julanie J: People magazine noem haar “South Africa`s new pop princess” en `n onlangse Huisgenoot resensie sê dat Julanie “beslis `n kunstenaar is om dop te hou.”  Die eerste enkelsnit “Dalk is Ek”, wat sy saam met Warner Music South Africa uitgereik het, het gereelde nasionale radio-speeltyd gekry en het die nommer 1 posisie op CCFM se SA Top 10 bereik. Die tweede liedjie “Sandkastele” wat in Oktober bekend gestel is, is alreeds meer as 35 000 keer op Youtube gekyk. Dit is `n wonderlike mylpaal vir `n jong sangeres wat baie onlangs eers die Afrikaanse musieklandskap betree het. Julanie : “Verskeie mense het my via sosiale media laat weet dat my liedjies vir hulle iets beteken. Dit is waaroor dit alles gaan. Ek kan nie wag om my nuwe album met mense te deel nie.”

Volg Julanie J op sosiale media:

Facebook
Instagram: @JulanieJ

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, …