Thursday , October 22 2020
Cheap domain registration and hosting!

Julanie J se eerste Afrikaanse album getiteld “Mooi” is nou beskikbaar!

Die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Julanie J se eerste Afrikaanse album Mooi het pas die lig gesien. Dit volg op die sukses van drie Afrikaanse enkelsnitte wat sy oor die afgelope jaar uitgereik het. Julanie vertel dat die liedjies op die vollengte album elk `n kort liefdesverhaal is. Sy sê: “Mooi se tema is selfondekking en elke liedjie vertel `n storie oor iets wat in my lewe gebeur het wat ek graag met ander wil deel.”

Die enkelsnit “Liefde wat ons heelmaak” is `n duet wat Julanie saam met die talentvolle sanger Ivan Roux opgeneem het. Julanie sê: “Ek is baie opgewonde oor hierdie liedjie. Ek mik altyd na internasionale produksie-gehalte en ek voel trots op wat ons met hierdie enkelsnit reggekry het. Die liedjie gaan oor n “break-up.” Een of ander tyd gaan meeste mense maar deur die ervaring van `n gebreekte hart. Dit was vir my `n voorreg om saam met Ivan Roux te kon sing. Met sy donker, warm stem het hy het hy die gevoel van hierdie lied perfek help oordra.”

Een van die snitte wat vir Julanie die naaste aan haar eie hart le is die lied “Arm.” Sy het dit vir haar man JP Chetty geskryf, nog iewers voor hulle troue verlede jaar.  Julanie verduidelik: “Die liedjie vertel bietjie van wie ons is en hoe ek oor hom voel. “Jy’s die stil van stilheid wat praat” – JP is vreeslik stil; praat nie `n woord nie maar as hy iets sê is dit gewoonlik baie toepaslik en in die kol. Ek kan myself soms heeltemal te ernstig opvat en hy het `n manier om my altyd te laat lag. Dis waar die lirieke “Jy`s die suiker in my koffie sodat ek nie bitter smaak” vandaan kom.

Daar is 10 oorspronklike liedjies op hierdie lieflike album insluitende die treffers van die afgelope jaar: Dalk is Ek, Sandkastele en Gegrond.  Julanie sien uit om die album met almal te deel: “Ek was nog nooit so trots op enigeiets nie. Ek is baie dankbaar teenoor Warner Music South Africa en die musikante en technici wat my in hierdie afgelope twee jaar vanaf Dalk is Ek se vrystelling tot nou toe help skep het. My beker loop ordentelik oor!”

Julanie wat onlangs haar 22ste verjaardag gevier het, het haar eerste liedjie op die ouderdom van 4 jaar geskryf en haar debuutalbum “Spirit Breakout” (2015) het binne 24 uur die Top 30 van die internasionale iTunes trefferlys gehaal. Sy is in 2016 vir n Mzanzi ChristianToekenning genomineer.
Julanie skryf ook vir verskeie ander kunstenaars en het al onder meer liedjies geskryf vir Lokua Kanza, sowel as vir Helmut Meijer AKA Calev, Sanet Lambrechts en die sangeres Nadia Vorster. Haar Afrikaanse enkelsnitte wat in 2019 en 2020 uitgereik is het verskeie nommer 1 posisies gehaal. Huisgenoot het in `n resensie genoem dat sy beslis `n kunstenaar is om dop te hou.

Sosiale Media:

Facebook
Instagram: @JulanieJ

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Breeknuus: Daai deng tref die aarde!!

Is it on? Welkom by die vandag se nuus. My naam is Refentse Cruywagen. Ons …

Resensie: Jan Blohm se nuwe album – Jenny

Kunstenaar: Jan Blohm Album: Jenny Resensie: 10/10 Die eerste keer toe ek van Jan Blohm …