As jy nie alreeds weet nie, die nuwe verwerking van Ballade vir ‘n Enkeling is vanaf 20 Maart 2015 te sien in teaters landswyd! Joshua na die Reën se goue stem is gevra om die klassieke snit – Voshaarnooi te sing.
“Toe Ballade vir ‘n Enkeling destyds op televisie vertoon is, was ek nog ‘n kleuter, maar die belangstelling in die reeks van ons ouers se kant af het oorgespoel na ons toe. Ek onthou vaagweg waaroor die storie gegaan het, maar wat ek soos gister onthou is die tydlose musiek wat die reeks uniek gemaak het. Dit is ‘n voorreg en eer dat die span agter Ballade vir ‘n Enkeling my hierdie geleentheid gegee het om Voshaarnooi te kan sing. Ek sien veral uit na die optredes by die premiers van die film op 9 Maart in Johannesburg en 16 Maart in die Kaap.” – Joshua na die Reën
Ballade vir ‘n Enkeling begin op 20 Maart by teaters draai.
Bly op hoogte en volg hulle op sosiale media platforms: