Joshua na die Reën dra nuwe enkelsnit op aan sy pa

41

Sanger, liedjieskrywer en musikant, Joshua na die Reën, inspireer almal om hom en aan sy talente is daar geen perke nie!

Op die drumpel van die ou jaar verras hy met sy ongelooflike nuwe liedjie, “2017”, ‘n huldeblyk aan sy pa. Dit is ook die eerste enkelsnit vanaf sy opkomende album, SOMERAARDE, wat gedurende 2018 vrygestel sal word. Joshua sal Januarie 2018 ‘n volle maand in die ateljee spandeer om dié nuwe album op te neem.

Oor “2017” sê hy: “Aan die begin van 2017 was daar ‘n nuwe atmosfeer in die lug, asof dit die jaar sou wees waarin baie mense die drome in hulle harte sou begin najaag. En aan die einde van 2017 voel dit vir my asof dit tóg so was. Een van die dinge waarvoor ek gehoop het was dat ek die woorde sou hê om my pa te beskryf. Hierdie liedjie is ‘n parallel tussen ‘n jaar wat vir my uitgestaan het en ‘n pa wat ‘n verhouding met sy kinders het en aan die einde van die jaar of lewe kan staan en sê: Nou is ek hier, ek is tevrede, ek sien in jou meer en jy in my”.

Volg Joshua na die Reën op:

Facebook

Twitter: @JoshuaNaDieReen

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments