Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Blog Post

Jo Black en Albie Morkel stel die Ultimate Aim Sports Pavillion aan die media bekend!

Jo Black en Albie Morkel stel die Ultimate Aim Sports Pavillion aan die media bekend!

Jo Black, Albie Morkel en vennote (Michael de Jongh, Wynand van Zyl en Bierman Smit) het op Donderdagaand, 16 Mei 2019 hulle splinternuwe sport- en vermaaksentrum vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse media en uitsoekgaste bekend gestel.

Die amptelike mediabekendstelling het op die nuwe perseel – in Breedstraat 622, Montana Park in Pretoria – plaasgevind en was ’n onvergeetlike glansgeleentheid met die smaaklikste kos, die beste vermaak en die lekkerste atmosfeer waaroor almal wat daar was nog vir baie lank gaan praat.

Derek Alberts and Janina Oberholzer was die gashere vir die aand en het gaste, uit verskeie sport, sosiale- en mediakringe, verwelkom; waaronder Jacques Rudolph, Chris Morris, David Miller,  Rolene Strauss,  Pierre Spies, Johan Vorster, Kurt Darren, Arno Jordaan, Majozi, Rubber Duc en vele meer; nadat die rooitapytverrigtinge afgehandel is. Albie het ook die geleentheid gekry om op die verhoog meer te vertel van Ultimate Aim se sportsentrum, waarna Jo gesels het oor sy nuwe teater-restaurant, The Bearded Butcher, wat die hartklop gaan wees van die lewendige vermaakgedeelte van dié nuwe venue.

Om die aand nog meer opwindend te maak, was daar ook ’n gholfdemonstrasie deur Pro-Golfers en het Dawie Rothman sy vaardigheid as boogskutter ten toon gestel. Dit was ’n emosionele oomblik toe die sangsensasie self die verhoog van The Bearded Butcher geopen het met ’n akoestiese weergawe van Chris Stapleton se Fire Away en so letterlik lewe gegee het aan een van sy eie groot drome; om ’n teater-restaurant te besit. Rubber Duc, Werner Bekker, Janie Bay en Free Beer Cover Band het die gaste verder deur die loop van die aand vermaak en sommer ’n lekker voorsmakie gebied van die vertonings waarna mense kan uitsien wanneer hulle dié kuierplek besoek.

Die Ultimate Aim Sports Pavilion, wat besit word deur drie maatskappye (AJAR, Ultimate Aim Group en The Bearded Butcher) met verskeie aandeelhouers open amptelik vir die publiek op 31 Mei 2019. Die openingsgeleentheid gaan gevier word met ’n Jo Black-vertoning en die publiek kan ook kaartjies koop om die geselligheid by te woon. Kaartjies vir die opening sal vanaf eerskomende Maandag, 20 Mei 2019 beskikbaar is.  Hou The Bearded Burcher se sosiale media bladsye dop vir inligting waar kaartjies bespreek kan word.

Die sportgedeelte van dié juweel sal spog met ’n wye verskeidenheid sportaktiwiteite, soos boogskutbane, ’n gesofistikeerde hoë-definisie gholfsimulator, ’n winkel met verskeie gholftoerusting, krieketnette, ’n visvangwinkel en vele meer. Volgens Albie, wil hulle ook graag fokus op die sportontwikkeling van kinders by dié sentrum.

The Bearded Butcher gaan verskeie vorme van die kunste na die verhoog bring; van musiek tot verhoogproduksies (met aansitetes) en selfs komediantvertonings. Die kombuis gaan beman word deur die bekende kykNET Kokkedoor-finalis, Linde Watson Graaff, wat ook haar eie kookprogram op SABC 2 het en die spyskaart gaan bestaan uit uitsoekgeregte wat uniek is aan die restaurant met sy rustieke dekortema.

Daar is ’n groot speelplek om die kinders mee besig te hou en gaan ook verskeie kuieropsies beskikbaar wees om aan enige kliënt se vereistes te voldoen. Die restaurant-area is vir diegene wat rustig wil eet, terwyl drankies en Tapasborde (met ’n eg Suid-Afrikaanse aanslag) in die Tapaskroegarea bedien sal word vir klante wat ’n minder formele kuier verkies. Eksklusiewe BBP-bokse, met gemaklike rusbanke, sal ook aan die bokant beskikbaar wees. Die verhoog sal vanuit elke area gesien kan word.

Almal wat die openingsaand van die Ultimate Aim Sports Pavilion bygewoon het, is die eens dat dit beslis dié plek in Gauteng gaan wees waar gesinne en vriende voortaan gaan saamkuier – of dit nou is omdat hulle sportmal is, hou van lewendige vermaak of sommer net wil lekker eet.

SOSIALEMEDIASKAKELS

ULTIMATE AIM
Facebook
Instagram: @ultimateaimgroup
Twitter: @Ultimate_Aim
Webblad

THE BEARDED BUTCHER
Facebook
Instagram: @BeardedButcher8
Twitter: @BeardedButcher8