Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Jo Black dra nuwe enkelsnit op aan sy vrou!

Jo Black dra nuwe enkelsnit op aan sy vrou!

Jo Black se tweede album, VOEL JY DIE GENADE is op 8 Februarie 2019 uitgereik en het binne die eerste tien dae vanaf vrystelling goue status bereik.  Die eerste enkelsnit vanaf die album met dieselfde titel pryk reeds sedert Januarie 2019 op die trefferparades van radiostasies landswyd en die musiekvideo spog tot op datum met meer as 860 000 kyke op YouTbue.

Nóú is hy terug met ’n splinternuwe rock-ballade, BITTER, wat nie net beloof om die hartsnare te roer nie, maar ook aanklank sal vind by gehore van alle ouderdomme en hy dra hierdie lied op aan sy vrou, Debbie.  Dit is die tweede enkelsnitvrystelling vanaf sy nuutste album wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek vrygestel is.

“’n Mens besef nooit hoe nodig jy iemand het, totdat daar ’n kans is dat jy daardie persoon kan verloor nie,” verklap Jo oor die boodskap agter sy nuutste enkelsnit wat hy saam met Johan Vorster geskryf het. BITTER is een van die mees beskrywende woorde in Afrikaans. Jy kan bitter-kwaad, bitter-bly, bitter-mooi, bitter-stout of bitter-lief wees. Hierdie is ’n lied om vir my vrou te beskryf hoe bitter-nodig ek haar het.”

Hierdie liefdessnit se meesleurende wysie is nie net strelend op die oor en hart nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het en jou uitnooi om saam te sing, omdat die tema so relevant en universeel is. “Ek hoop die publiek ervaar ook die dieper emosie agter die musiek. Ons het immers al almal ons hart op iemand verloor,” voeg hy by.

Die musiekvideo, wat deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus vervaardig is, is in Jo se restaurant, The Bearded Butcher, wat eersdaags sy deure oopmaak, verfilm en beeld die kontras uit tussen mans en vroue. Hierdie treffende video sal op 3 Mei 2019 bekendgestel word.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram: @JoBlack8
Twitter: @JoBlack_BTG


Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …