Dinsdag , Oktober 23 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Jennifer Zamdudio se hartroerende lied vir haar Pa

Jennifer Zamdudio se hartroerende lied vir haar Pa

Op 27 Augustus 2016, het die gewilde Afrikaanse sangeres, Jennifer Zamudio slegs een uur voor sy in Kuruman op die verhoog moes klim, verneem van haar geliefde Pa, René Zamudio se afsterwe.

Op daardie oomblik het dit vir Jennifer gevoel of haar wêreld net daar in duie stort, maar tog het sy deurgedruk en besluit om nogtans voort te gaan met haar optrede, want “dis wat haar Pa sou wou gehad het”. Dit was beslis haar moeilikste optrede en grootste uitdaging tot nog toe. Kort na haar Pa oorlede is, het sy hierdie hartroerende lied vir hom geskryf. Hy was haar rots en ook haar grootste ondersteuner.  Jennifer se wortels lê diep gegrawe in die Kaapse Weskus en die see was deel van haar Pa se wese. Na aanleiding van ‘n onderhoud oor die Vissersbedryf wat haar Pa met Rapport Weekliks, in 2013 gehad het, waar die opskrif van die artikel “As die see opdroog” was, het aanleiding gegee tot die titel van die lied “Tot die see opdroog”.

Jennifer het besluit om hierdie lied spesiaal net voor Vadersdag vry te stel omdat sy dit graag wil deel met almal wat al ‘n Pa, aan die dood afgestaan het, en veral die leemte en verlange verstaan wat die afsterwe meebring.

Die lied getiteld “Tot die see opdroog” is ingesluit op Jennifer se nuwe cd “Goud is my woorde” wat in Julie vrygestel word.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Early B reik enkelsnit uit saam met Jack Parow en Justin Vega

Die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies, …

Samantha Leonard stel musiekvideo bekend!

Samantha Leonard se eerste Afrikaanse enkelsnit, ’N DUISEND KEUSES, is gedurende September 2018 vrygestel en is …