Dinsdag , Januarie 21 2020
Home / Afrikaanse Musiek / Janie Bay reik video uit vir haar treffer Die Heelal met Early B

Janie Bay reik video uit vir haar treffer Die Heelal met Early B

Janie Bay vertel, dat soos met haar musiek, sy ook baie betrokke is met die konseptualisering van haar videos en hoe dit uitgevoer word:  “Ek het gewoonlik `n duidelik prentjie in my kop: die storielyn, wie in die video moet speel, die film span wat ek graag mee wil werk. Ek sien selfs die fynere detail vooruit, soos die nodige grimering en klere, asook waar die video afspeel. Dis `n omvattende visie en ek verstaan letterlik elke aspek. “Die Heelal” se proses was dieselfde. Ek het mense gesien wat dans en intieme oomblikke tussen twee persone. Ek wou graag ‘n kontras skep tussen die twee dele: ons het die slaapkamer tonele in wit en swart geskiet en die klub gedeeltes met baie kleur, veral die blou en pienk beligting wat tans so trendy is.”

Die bekende akteur David Louw speel teenoor Janie in die video. Janie sê: “ dit was great om met iemand so professioneel te werk. Ons het net een dag gehad om die video te maak so om `n gefokusde akteur en produksiespan te hê was vir my belangrik. Ek het geweet die regisseur Andre Velts (Hartstog, Vergeet My Nie 2020) en DOP Marius de Nysschen (Posbus 1, Vergeet My Nie 2020) is die regte mense om my konsep in aksie te sit.”

Die klub tonele in die video is in die Fokof Bar in Pretoria geskiet. Janie vertel dat dit `n baie warm dag was. “Seker so amper 40 grade – die kamer tonele was veral tricky in die hitte. Julle weet, om in een stuk te bly vir daai romantiese prentjie.”

Early B vertel dat dit vir hom `n eer was om “Die Heelal” liedjie saam met Janie op te neem: “Ek’s ‘n fan van haar werk. Die musiek gaan langer as ons hier op aarde wees en ek is trots om te se ek is deel hiervan. Ek voel hierdie ene gaan mense sommer vir baie jare bybly.”

Janie hoop dat mense van die musiekvideo sal neem wat hul in hul eie lewens nodig het: “Al wat ek sal sê is, die video kan baie metafories gesien word van hoe verhoudings soms kan wees.”

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Joe F leen liedjie uit Nederland vir nuwe enkelsnit

Dit is verseker nie die eerste keer dat Suid-Afrikaanse sangers liedjies uit Nederland (en vice …

Danny Smoke stel tweede video van trilogie bekend

Sensueel en romanties… Danny se eiland-vakansie bereik sy volgende hoofstuk met sy musiekvideo van, T-Shirt. …