Saterdag , Julie 20 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Janie Bay reik eerste Afrikaanse solo enkelsnit AMPER DAAR uit!

Janie Bay reik eerste Afrikaanse solo enkelsnit AMPER DAAR uit!

Die gewilde sangeres Janie Bay se eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” is pas uitgereik. Janie verduidelik dat “Amper daar” handel oor hoe dit is om in `n verhouding te wees. “Soos mens dit regtig ervaar, nie soos in die flieks nie.”

Janie het al voorheen `n paar Afrikaanse liedjies in samewerking met ander kunstenaars opgeneem, maar hierdie is die eerste solo liedjie wat as `n offisiële enkelsnit uitreik word. “Ek skryf tans in Afrikaans en het dit baie geniet om hierdie liedjie te skryf en op te neem. Ek werk ook aan `n vollengte album wat hopelik oor `n paar maande uitgereik gaan word.”

Janie verduidelik dat “Amper Daar” daaroor gaan dat mens eintlik nooit regtig in ‘n verhouding arriveer nie. “Dis `n reis wat twee mens saamneem wat nooit eindig nie, vandaar die “roadtrip” in die musiekvideo, wat ook pas uitgereik is, wat uitbeeld dat die kar altyd bly loop.

anie voel opgewonde oor hoe Musiek tans ontwikkel. “Dis ‘n wonderlike tyd om te kan eksperimenteer met jou eie “vibe.” Ek ervaar dat die wêreld baie meer oop daarvoor is dat mens jou eie kleurvolle self kan wees. Dis `n tyd van nuwe style en interessante klanke en ek geniet die vryheid wat dit bied om myself te kan uitleef. Ons het almal soveel meer van onsself om te gee as wat ons aanvanklik besef. Dis lekker om te sien dat meer kunstenaars dit waag om hulle unieke stempels op musiek af te druk.”

Janie Bay se sangloopbaan het die afgelope paar jaar opwindende draaie geloop. Sy het in 2016 `n platekontrak met Warner Music geteken en haar album “Miscellany” wat in 2017 uitgereik is was benoem vir `n SAMA. Die liedjie “Can`t be the One” vanaf hierdie album het in 2018 `n Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees in Palm Springs, California ontvang. Videos van samewerkings tussen Janie en verskeie gewilde kunstenaars onder andere Jack Parow, Hunter Kennedy, Bouwer Bosch en Jan Bloukaas is kollektief al meer as 500 000 keer op you tube gekyk.

Hunter Kennedy, wat saam met Janie verlede jaar die liedjie “Wag vir Jou” opgeneem het, voel dat sy iemand is om dop te hou: “Janie is die outentieke vroulike, Alternatiewe Pop stem waarvoor ek al lankal wag.”

Janie se musiek kan ook gehoor word in die plaaslike films “Mooirivier” en “Vir Altyd.” Sy het ook haar eie weergawe van “You are my Sunshine” opgeneem vir die fliek “Stroomop.”


Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Julanie J reik nuwe enkelsnit uit – Dalk is Ek!

19 Julie 2019, Johannesburg: Die gewilde jong sangeres en liedjieskrywer Julanie J se enkelsnit “Dalk …

André Schwartz vier sy pad na sukses met ‘n splinternuwe album, enkelsnit en vertoning!

“Elkeen van ons het ’n pad wat ons in die lewe moet stap. Soms is …