Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Janie Bay en Danie Reënwolf span hul unieke kragte saam in nuwe enkelsnit!

Janie Bay en Danie Reënwolf span hul unieke kragte saam in hierdie nuwe enkelsnit- uitreiking. 

Beide sangers het `n besonderse gawe om die luisteraar te kan boei met hul gevoelvolle lirieke en stemme. “Ek glo nog in Jou” is die perfekte duet vir hierdie twee opwindende jong kunstenaars.

Bay wou nog altyd graag saam met Danie Reënwolf werk en het die idee van die liedjie met hom bespreek.  Bay vertel: “Ons het aan die begin van die jaar by `n braai gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons skedules en lockdown was ons nie seker of dit hierdie jaar sou kon gebeur nie. Ek het dadelik geweet toe die idee van hierdie lied begin vorm het, dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak.  Ek het weer met Danie begin gesels en ons het hier en daar daar tyd gemaak om die liedjie te begin skryf. Ek het een dag oppad Paarl toe die koor sommer so spontaan in die kar aanmekaar gesit.  Soos ek en Danie toe aanhou skryf het, het dit alles saamgekom as ‘n baie poëtiese, maar ook egte liefdeslied wat meestal daaroor gaan om regtig daar te wees vir iemand in ‘n verhouding en om te kan staat maak op mekaar, no matter what. Danie is tans “the it guy” in die Afrikaanse musiek- wêreld. Dit was vir my `n groot eer om hierdie liedjie saam met hom te kon skryf en opneem.”

Danie Reënwolf se gevoel is wedersyds. “Dis vir my net so `n voorreg om saam met Janie te kon werk. Dit was `n lekker song om te kon skryf. Janie het `n ongelooflike talent om van `n eenvoudige lied, iets baie besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen.”

Die video van “Ek glo nog in Jou” is by `n vriendin se huis in Stellenbosch verfilm. Bay het die treffende konsep uitgedink en het ook die regie behartig: “Ek geniet dit, ek is mal oor die film wereld. Ek het aanvanklik nie gedink dat `n video betyds opgemeen sou kon word met ons tydlyn nie. Dit was voor die handliggend dat`n eenvoudige storielyn met `n gemaklike, rou emosionele konsep die beste sou kon werk. Vandaar kon ons vinnig reëlings tref en ek dink die video het wonderlik uitgedraai. Dit is presies wat ons wou hê met betrekking tot die gevoel van die liedjie.” 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, …